Ons kersfees krans is nog ‘n manier om die verhaal van Jesus se geboorte op ‘n kreatiewe manier met jou kinders te deel. Die prentjies word uitgeknip en ingekleur, en soos jy die teksverse lees, plak die kinders die prente en teksverse op die kerkfees krans.
Die kersfees krans kan jy as ‘n Kinderkerk en of Sondagskool les gebruik, of tydens huisgodsdiens.
Instruksies:
- Sny die twee halfsirkels uit, en plak dit teen mekaar vas – as jy ‘n kleiner krans soek, kan jy die vol sirkel uitknip.
- Knip die verskillende prentjies en sterretjies uit, en plak op dit op die sirkel, nadat jy of jou kinders dit ingekleur het.
- Jy kan die hele krans op een aand met jou kinders doen, of een deel op ‘n aand.
Die prentjies wat ons vir die kersfees krans gebruik, kan jy gratis by die skakel hieronder aflaai:
https://thecraftyclassroom.com/christmas-story-coloring-book/?c18312Le
Laai die dokument met die prentjies en teksverse hieronder in WORD formaat af:
Laai die verhaal van Jesus se geboorte hieronder in PDF formaat af:
1. Die verhaal van Jesus se geboorte
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbonne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kersfees/