Kersfees Speletjies

kersfees speletjies

Kersfees Speletjies kan as deel van Huisgodsdiens, Oukersaand of op Kersdag gebruik word. Dit kan ook as ysbrekers saam met Kersfees lesse gebruik word. Soos altyd bly ons Kersfees ‘tema’ – Jesus Christus.

1. Kersfees Left-Right Nativity Speletjie

Hierdie is ‘n BAIE oulike speletjie wat op verskeie maniere gebruik kan word, maar dis een hulpbron wat NIE in Afrikaans werk nie!!

Die deelnemers sit of staan in ‘n sirkel en elkeen kry ‘n lekker of ‘n geskenk. Elke keer wanneer die woord ‘right’ gelees word, gee jy dit wat jy vashou vir die persoon aan jou regterkant en vat die persoon langs joune. Elke keer wanneer die woord ‘Left’ gelees word, gee jy dit wat jy vashou vir die persoon aan jou linkerkant en vat die persoon langs joune.

Laai die Left-Right Nativity Speletjie hieronder in PDF formaat af:

Right Left Christmas Game – Nativity Story

2. Kersfees Charades

Gebruik die dele van die verhaal van Jesus se geboorte op die kaartjies hieronder. Elke deelnemer moet een trek en vir die res van die groep, sonder woorde beduie watter deel dit is. Nog variasies is om bv. 10 sekondes te gee en die persoon moet verduidelik watter deel dit is, sonder om die spesifieke deel te noem, of hulle moet dit vir die groep teken.

Laai die Kersfees Charades kaartjies hieronder in PDF formaat af:

Kersfees Charades

3. Kersfees Teken Speletjie

Elke deelnemer kry ‘n papierbord en ‘n pen, die papierbord moet op hulle kop gesit word, en ‘n deel van die verhaal van Jesus se geboorte moet daarop geteken word. Bv. Die ster, engel, krip, stal, Josef, Maria, skaap, donkie, skaapwagter, Jesus.

4. Plak die Verhaal van Jesus se geboorte

Hierdie speletjie word dieselfde as ‘pin the donkey’ gespeel, maar in plaas van die donkie se stert op die regte plek probeer ‘pin’, moet die persoon wat geblinddoek word ‘n deel of dele van die verhaal van Jesus se geboorte op die regte plek vasplak.

Jy kan ‘n oop muur, ‘plywood’ of ‘n stuk karton daarvoor gebruik. Jy kan besluit hoe jy dit wil doen, jy kan byvoorbeeld ‘n stal teken of plak, en dan moet die res van die verhaal rondom dit geplak word, of die eerste persoon kan die stal plak. Die idee is dat dit geblinddoek gedoen moet word.

Laai die prentjies hieronder in PDF formaat af:

Plak die Verhaal van Jesus se geboorte

5. Raai wie is ek?

Die volgende speletjie is ‘n ou bekende speletjie. Elke persoon word ‘n naam of iets uit die verhaal van Jesus se geboorte gegee om op hulle voorkop vas te plak. Elkeen vra dan vrae aan die res van die groep om uit te vind wie hulle is.

Skryf die volgende op papiertjies neer en plak op die voorkoppe: Engel, Gabriël, Maria, Josef, Herbergier, Skaapwagter of Herder, Sterrekyker of Wyse man, Koning Herodes, Donkie, Skaap, Stal, Krip, Herberg ens.

6. Wat is in die sak?

Met hierdie speletjie kan jy lekker kreatief raak. Vat kersfees ornamente, of simbole van Kersfees soos ‘n hart, krip, kruis ens. en sit dit in ‘n nie-deursigtige sak. Laat elkeen ‘n kans kry om te voel wat in die sak is, en dan iets daaroor sê, bv. hoe dit hulle aan die verhaal van Jesus se geboorte laat dink, of wat dit vir hulle beteken.

7. Vind die ster

Vir hierdie speletjie word ‘n ster weggesteek in die vertrek waar die speletjie gespeel gaan word. Kry ‘n vrywilliger wat die ster gaan soek, en laat die dan uitgaan terwyl julle die ster wegsteek. Wanneer die vrywilliger terugkom moet die res van die groep hom of haar help om die ster te vind met leidrade soos warm en koud.

Net soos die ster gesoek moes word, so moet ons Jesus partykeer soek deur ons Kersfees seisoen, en regtig partykeer wonder waar Hy in dit alles is.

8. Jesus ons grootste geskenk

Gebruik die verhaal van Jesus se geboorte en knip die verhaal in verskillende dele op. Kry soveel bokse as wat jy dele het, in verskillende groottes, sodat al die bokse inmekaar kan pas. Sit elke deel van die storie in ‘n boks en draai dit toe.

Sit in ‘n kring, en speel ‘n kersfees liedjie waarvan die groep hou. Soos die liedjie speel, word die boks aangegee, wanneer die musiek ophou, moet die een wat die boks vashou, die eerste laag papier met oondhandskoene probeer afhaal. Dieselfde persoon lees dan die deel van die verhaal van Jesus se geboorte wat bo-op die volgende boks vasgeplak is. Hou so aan totdat al die bokse oopgemaak en die hele verhaal gelees is.

Jy kan selfs vragies by elke deel sit om dit sinvol te maak. Die idee van die speletjie is, dat Jesus ons grootste geskenk tydens die kersseisoen moet wees.

Laai die verhaal van Jesus se geboorte hieronder in PDF formaat af:

1. Die verhaal van Jesus se geboorte

Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kersfees/

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s