Om vir jou kinders te bid, is een van ‘n gelowige ouer se grootste verantwoordelikhede. Dis nie die kerk of die jeugleiers se primêre verantwoordelikheid om vir hulle te bid nie, maar joune as ouer.
Dis tyd dat ons as ouers wakker skrik, en met groot erns vir ons kinders begin bid.
Die Here wil met ‘n groot en kragtige beweging onder ons kinders begin, maar net so staan die vyand gereed om ons kinders te vernietig. As ons as ouers nie ons slap hande en knieë gaan begin los en ERNSTIG vir ons kinders begin bid nie, gaan die vyand hulle platslaan.
Die Woord sê nie verniet in 1 Pet 5:8 dat ons vyand, die duiwel rondloop soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind nie. Ons kinders kan dit nie in die wêreld oorleef sonder geestelike ‘backing’, gebed nie.
Baie ouers kyk toe hoe hulle kinders deur die wêreld ingesluk word, sonder om in gebed vir hulle kinders in te tree. Party ouers voel dat dit wat hulle kinders doen hulle eie keuse is, en dit daarom tydmors is om vir hulle kinders te bid. Die realiteit is dat jou kind sonder JOU gebed nie ‘n kans het nie, want die ‘fight’ is aan die gang, en die ‘fight’ is BAIE ‘real’.
Baie keer is die ‘fight’ vir jou kind se erg dat jy nodig het om ‘versterkings’ in te roep, medegelowiges wat saam met jou kan veg vir jou kind! Om net niks te doen, en te sien hoe die vyand jou kind steel is net nie meer ‘n opsie nie!!
Ouers, daar is dag en nag ‘n ‘fight’ vir JOU kind se siel aan die gang!! Gaan jy stilsit en kyk hoe die vyand jou kind se siel steel, of gaan jy inklim met elke wapen tot ‘n gelowige ouer se beskikking en VEG vir jou kind?
Hierdie is ‘n vraag wat NET jy kan antwoord!
Hieronder is ‘n ‘tool’ wat ons graag met julle wil deel, as jy nie altyd weet HOE om vir jou kinders te bid nie. Dis ‘n 31 dae Gebedskalender vir jou kinders. Die een is spesifiek vir bekering, en die ander een is meer algemeen. Albei kan gratis afgelaai word. Druk dit uit en gee dit ook vir jou familie en vriende om vir jou en hulle kinders te bid.
Hier is voorbeelde van hoe dit lyk:
Laai die Gebedskalenders hieronder in PDF formaat af:
31 dae van gebed vir jou kinders se bekering PDF
31 dae van gebed vir jou kinders PDF
Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/