Saalbyeenkomste: 4. Die 7 wonders van die wêreld

4. die 7 wonders vd wereld

Hierdie is ons vierde Kort boodskap, Saalbyeenkoms idee.

Storie: Die 7 wonders van die wêreld

Hierdie is die verhaal van ‘n graad 7 klas wat die 7 wonders van die wêreld behandel het. Toe die juffrou klaar is, vra sy die klas om elkeen ‘n lysie te maak van hulle 7 wonders van die wêreld. Almal het natuurlik die mensgemaakte wonders genoem, behalwe een meisie. Vir haar was dinge soos om te sien, hoor, proe ens. baie belangriker as al die mensgemaakte goed.

Hierdie verhaal herinnering ons weer dat die dinge wat ons soms as so vanselfsprekend aanvaar die wonderlikste is  – en ons hoef nie iewers spesiaals heen te reis om hulle te ervaar nie.

Teksverse: Psalm 139: 13-18 en/of Psalm 104:24-34

Praktiese Illustrasie:

  1. Wys die ‘wêreld’ se 7 wonders van die wêreld vir die kinders voordat jy met die storie begin deur middel van ‘n projektor of groot plakkate.
  2. Wanneer jy by die deel kom waar die kinders in die storie ‘n lysie gemaak het, kan jy dan die kinders in die saal gebruik om ‘n lysie te maak.
  3. Gebruik dan die prentjies wat ons hieronder voorsien het, terwyl jy die meisie se lysie lees.

Laai die saalbyeenkoms hieronder in PDF formaat af:

4. Saalbyeenkoms – Die 7 wonders van die wêreld

Laai die 7 wonders van die wêreld PowerPoint Presentation hieronder af:

Die 7 Wonders van die wêreld PPT

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Storie – Die 7 wonders van die wêreld

Volg die skakel na ons ander saalbyeenkomste:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalbyeenkomste/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s