#Sleutelgedagtes: Biddag vir Opvoeding en Onderwys 1

In die NG Kerk-familie word tradisioneel op die tweede Sondag in Februarie (vanjaar 10 Februarie) vir die opvoeding en onderwys voorbidding gedoen.

Julle kan jul ondersteuning vir opvoeding en onderwys wys, deur jul plaaslike skole en onderwyspersoneel na eredienste uit te nooi en vir hulle voorbidding te doen. Julle kan hulle verder ondersteun deur af en toe ʼn skoolhoof in die omgewing te besoek en te bemoedig.

Hier is ‘n paar oulike video clips wat julle tydens so ‘n erediens kan gebruik:

Ons het die onderwysers van ons plaaslike skole verlede jaar genooi na die erediens. Ons het die week voor die tyd ‘n video gemaak waarin ons onderhoude met ‘n klomp kinders gehou het oor onderwysers. Ons het hulle opgeroep en vir hulle gebid en vir elkeen ‘n “Onderwyser Survival Kit” gegee.

‘n Span van ons gemeente doen een keer per week ‘n prayer walk rondom die plaaslike Hoërskool in ons area. Die skoolhoof vind bemoediging daarin dat daar op ‘n gereelde basis vir die skool gebid word.

2018-02-11-BiddagOpvoeding

Sake waarvoor gemeentes veral op 10 Februarie voorbidding kan doen, sluit in:

  • Plaaslike skole en onderwysers. Dank God vir goeie skole en toegewyde onderwysers en bid dat God hulle steeds sal lei en dra.
  • Bid vir ouers en kinders wat nie plek in skole in hulle onmiddellike omgewing kon kry nie en die trauma beleef van ver afstande reis en onderrig sonder die vangnet van ‘n bekende omgewing of maats. Dikwels beteken dit ook dat kinders noodgedwonge elders moet gaan woon, of in ‘n koshuis moet tuisgaan, met bykomende koste daarmee gepaardgaande.
  • Dra die uitdagende omstandighede en probleemareas in ons land se onderwysstelsel aan die Here op. Baie leerders wat in graad 1 begin, kom nooit by matriek uit nie; daar is vrae oor die standaard van ‘n matrieksertifikaat en studente wat nie gereed is daarvoor nie, beland op universiteit en kan nie die mas daar opkom nie.
  • Vra wysheid vir die regering, nasionaal en plaaslik, wat in die tekort aan skole moet voorsien te midde van die ekonomiese uitdagings wat almal raak.
  • Dank die Here vir elke kind wat sy/haar potensiaal onder die sorgsame leiding van ‘n entoesiastiese onderwyser bereik.

Inligting verwerk na aanleiding van ‘n e-Kerkbode berig, “Bid (en werk) saam vir die onderwys” van 31 Januarie 2017 waarin die algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode, dr. Gustav Claassen voorstelle vir voorbidding gedeel het.

Kry dit by  http://kerkbode.christians.co.za/2017/01/31/bid-en-werk-saam-vir-die-onderwys/).

Hier is ‘n klompie oulike idees vir onderwysers op ons Pinterest bord:

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s