Hierdie is ons sesde Kort boodskap, Saalopening idee.
Storie: Kallie Klippie
Hierdie is die storie van Kallie Klippie wat sien hoe die koning ‘n nuwe paleis begin bou, en hoop dat hy belangrik genoeg sal wees om gebruik te word. Die dae gaan verby, maar al wat gevat word is die groot klippe. Op ‘n dag hou die bouery op en begin die werkers rond te soek na kleiner klippies. Kallie Klippie hou sy asem op, want hy word opgetel en na die koning toe geneem.
Die koning verduidelik aan die werkers dat mens die groot rotse bymekaarmaak vir boustene. Die probleem ontstaan dat die groot rotse nie altyd perfek inmekaarpas nie, en daar openinge tussen die blokke is wat nie met die sement opgevul kan word nie.
Vir die openinge is dit belangrik om klein klippies en rotse te kry om in te bou. Hulle verleen sterkte aan die muur en speel net so belangrike rol as die groot rotse. En so is Kallie Klippie, al was hy klein en onbelangrik in ander so oë, OOK in die koning se nuwe paleis gebruik.
Teksvers: Psalm 118:22 Die steen wat die bouers verwerp het, het ‘n hoeksteen geword.
Praktiese Illustrasie:
Bring verskillende soorte stene en grootte klippe saam, en laat die kinders raai watter stene en klippe jy waarvoor gebruik. Laat hulle voor die tyd besluit watter stene en klippe ‘belangrik’ is en watter nie.
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
6. Saalopening – Ons is almal belangrik
Laai die Storie: Kallie Klippie hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/