Baie mense is bang om dood te gaan, want hulle weet nie wat wag aan die ander kant van die dood vir hulle nie.
Tema van die Storie: Die Ander Kant
Hierdie storie illustreer so mooi, dat dit nie saak maak hoe die “ander kant” lyk nie, wat saak maak is WIE vir jou aan die “ander kant” wag, en dat jou saak met HOM reg is!
Die Ander Kant
’n Man wat siek was besoek sy dokter, terwyl hy besig is om die ondersoek kamer te verlaat draai hy om na die dokter en sê, “Dokter, ek is bang om dood te gaan. Vertel my wat wag daar aan die anderkant vir my.”
Baie saggies antwoord die dokter, “Ek weet nie.”
“Jy weet nie? Jy, ’n gelowige man, weet nie wat wag aan die anderkant nie?”
Die dokter het sy hand steeds op die deurhandvatsel gehad, aan die anderkant van die deur was daar ’n gekrap en ’n saggies tjank. Toe hy die deur oopmaak spring sy hond na binne, in die ondersoek kamer, met sy stert wat waai en die ene blydskap om sy baas te sien.
Terwyl hy omdraai na sy patient sê die dokter, “Het jy my hond opgemerk? Hy was nog nooit vantevore in die ondersoek kamer nie. Hy het nie ’n idee gehad van wat is binne die kamer nie …….. Hy weet niks behalwe dat sy eienaar hier binne was en toe ek die deur oopmaak het hy ingespring sonder enige vrees.”
“Ek weet min van wat aan die anderkant van die dood is, maar ek weet een ding. Ek weet my Meester is daar en dit is genoeg vir my.”
Bekering
Baie mense sukkel om iemand na Jesus toe te lei, want hulle is nie seker hoe om dit te doen nie. Ons het ‘n bietjie hulp saamgestel wat jy gerus kan uitprint en in jou Bybel kan saamdra as jy ook nie altyd seker is hoe om dit te doen nie. Laai dit hieronder in PDF formaat af:
Laai die Storie hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Stories: