In hierdie post wil ons graag met julle ‘n klompie gratis hulpbronne deel wat jy met die kleiner kinders kan doen. Ons gaan by elkeen vir julle die skakel gee waar julle dit gratis kan aflaai.
Paasfees Puzzels:
Hierdie pragtige 20 stuk puzzel kan gratis van Christian Preschool Printables by die skakel hieronder, in kleur of swart en wit afgelaai word.
Click to access EasterPuzzlePack.pdf
Volg hierdie skakel na nog Paasfees Puzzels van Christan Preschool Printables:
Click to access EasterPuzzlePackSet.pdf
Paasfees Kruise:
Hier is twee pragtige kruise wat die Paasverhaal uitbeeld, wat jy die kleintjies kan laat inkleur en hulle dan as boekmerke kan gebruik. Ons het ongelukkig nie die skakel vir hierdie twee nie. Ons het albei kruise saam in ‘n word dokument gesit wat jy hieronder kan aflaai.
Volgorde Kaarte:
Hierdie is ‘n oulike hulpmiddel om te gebruik wanneer jy met jou kinders oor Paasfees gesels. Hulle moet die prentjies vat en in die regte volgorde pak. In die voorbeeld hierbo is dit in die vorm van ‘n kruis gepak. Jy kan dit self op karton plak, en êrens opplak waar julle as gesin daarna kan kyk rondom die Paasfees-tyd. Die prentjies kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word:
https://docs.google.com/file/d/0B5eMvftNcU03bjhHanNoYkRrNjg/edit
Paasfees Dot-to-Dot
Gaan loer gerus na die webtuiste hieronder vir ‘n versameling van Paasfees Dot-to-Dot prentjies.
http://www.connectthedots101.com/worksheet/3864-Good-Friday-Wishes-Messages-dot-to-dot
101 Paasfees Aktiwiteite vir Kinders:
As jy nog idees soek, gaan loer gerus na Ministry-to-Children se post met 101 Paasfees aktiwiteite vir kinders:
https://ministry-to-children.com/childrens-ministry-links-for-easter/
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/paasfees/