Saalopening: 16. Wie is God?

16. groot

Hierdie is ons sestiende Kort boodskap, Saalopening idee.

Storie: Die blinde mans en die Olifant

In ‘n klassieke verhaal word vertel van ‘n oeroue dorpie waar al die inwoners blind was. Eendag was ses van die dorpie se mans op pad. Hulle loop toe ‘n man raak wat op ‘n olifant gery het. Die ses mans het al gehoor van olifante, maar was nog nooit naby een nie.  Hulle het vir die man gevra of hulle mag raak aan die reuse dier. Hulle wou graag teruggaan na die dorpie en aan almal vertel hoe ‘n olifant lyk. Die eienaar van die olifant het die versoek toegestaan en hy het elk van die ses mans op ‘n sekere plek langs die olifant laat staan.

Almal het aan die olifant geraak en oor die deel naaste aan waar hulle gestaan het gevryf, totdat hulle seker wat dat hulle geweet het hoe ‘n olifant lyk. Elkeen het die olifant beskryf volgens die deel van die olifant waaraan hulle geraak het.

Die Bybel beskryf God op baie verskillende maniere, omdat Hy op baie verskillende maniere deur mense beleef word. Daar is so baie wonderlike dinge rondom God, maar jy gaan dit mis as jy Hom nie leer ken en ‘n kans kry om aan die ander dele ook te ‘vat’ nie!

Teksvers: Joh 10:27: “My skape (ons), luister na my stem (Jesus). Ek ken hulle, en hulle volg My.”

Praktiese Illustrasie:

Neem iets groot saam waaraan ‘n paar vrywilligers voor die tyd geblinddoek moet vat en beskryf wat hulle voel.

Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:

16. Saalopening – Wie is God

Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s