Bybel emoji’s is altyd ‘n treffer wat oud en jonk geniet . Dis ook ‘n kreatiewe manier om Bybelkennis by kinders vas te lê en sommer lekker oor die Bybel te gesels. Jy kan of die kaartjies met die Bybel emoji’s print, of die PowerPoint weergawe gebruik.
Die emoji’s is ‘n lekker manier om ‘n Bybelvasvra pret te maak, en die kinders te kry om deel te neem. As deel van die emoji Bybelvasvra is daar drie vrae wat jy saam met elke emoji kan gebruik.
Laai die Bybel Emoji’s hieronder in PDF formaat af:
Bybel Emoji Speletjie – Antwoorde en Bybelvasvra
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybelvasvra Idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybelvasvra/