#Sleutelgedagtes: “Mind the Gap”

mind the gap - groot

Wanneer jy in Engeland is en jy by die stasie staan, is daar ‘n stem wat gereeld sê: “Mind the Gap”, want tussen die platform en die trein is daar ‘n opening wat jy moet dophou.

Wat het DIT nou met kinders te doen sal jy dalk vra? Die antwoord is ALLES!!

Generasie gaping

In Afrikaans is daar ‘n woord ‘generasie-gaping’ en die konsep ‘mind the gap’ verduidelik dit eintlik so mooi. Ons hou nie daarvan om die woord ‘generasie-gaping’ te gebruik nie, want tot ‘n mate impliseer dit dat ons ons kinders nie verstaan nie, en eintlik nie tot hulle deurdring nie. Ons het hierdie kwartaal ontdek hoe gevaarlik hierdie manier van dink vir jou jeugbediening kan raak.

Wanneer ons met kinders werk is dit belangrik om onsself gereeld te evalueer en die vraag te vra: werk dit wat ons doen nog vir ons kinders? Om in ‘n rat vasgevang te word, en die ‘mindset’ te hê dat ‘dit nog altyd vir die kinders gewerk het’, is BAIE gevaarlik, veral wanneer dit vir JOU werk, maar nie vir jou kinders nie.

Mind the gap:

Kinders DOEN anders

By ons EPIC Jeuggroep, praise and worship ons kinders vir die afgelope sewe jaar al deur middel van bewegings of ‘danse’. Tot onlangs het AL die kinders deelgeneem en dit baie geniet. Ons het onlangs begin opmerk dat al ons kinders nie meer deelneem nie, en dit nie meer geniet nie. Ons ‘rat’ sê vir ons, dat dit is hoe ons dit nog altyd gedoen het, en dat die kinders by ONS moet inval, nie ons by HULLE nie!!

VERKEERD!!! As dit ‘n Jeuggroep vir die kinders is, moet dit vir HULLE werk, en NIE vir ons nie!!

Ons het hierdie kwartaal ook die ‘mind the gap’ BAIE duidelik tydens ons praise en worship danse gesien. Ons nuwe kinders wat inkom en wel deelneem aan die praise en worship sit baie meer ritme en bewegings by as waaraan ons gewoond, of selfs gemaklik mee is. Ons betrap onsself gereeld dat ons met die kinders raas omdat hulle ‘die hoender ruk’, en hulle BAIE verontwaardige reaksie is dat dit die manier is hoe hulle dans en dat hulle NIE ‘die hoender ruk’ nie, maar dit geniet!!

Ons het nog nie ‘n oplossing vir hierdie probleem nie, maar is baie dankbaar dat die Heilige Gees ons daarvan bewus gemaak het.

Kinders LEER anders:

Die tweede voorbeeld is dat kinders by ‘n Jeuggroep en selfs Sondagskool nie meer ‘geleer’ wil word nie, maar met die leiding van die groepleier SELF by die antwoorde wil uitkom. Kinders leer baie beter op hierdie manier, en geniet dit ook baie meer. Op hierdie manier kry hulle ook die geleentheid om vrae te vra wat baie min van hulle tydens ‘n ‘leersessie’ die moed sal hê om te doen.

Ons as leiers moet wegkom van die ‘mindset’ dat Jeug of Sondagskool ‘n ‘leersessie’ is, en eerder dat dit ‘n ‘ontdekkingsessie’ is. Kinders hou daarvan om aktief betrokke te wees tydens die sessie in plaas van net na die leier te sit en luister.

Miskien moet ons ‘n groot banier laat maak met die woorde “Mind the gap”, en dit opsit in die lokaal waar ons met ons kinders werk om ons daaraan te herinner.

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s