AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Paasfees 3
Vir hierdie les het jy ‘n hele paar hulpmiddels nodig. Elke groep kry ‘n boksie of sakkie met opdragte in wat aan die buitekant van die papiertjie genommer is. Dit sal verseker dat die opdragte in die regte volgorde uitgevoer sal word.
Die verhaal van Paasfees word gelees, en by elke deel van die verhaal word rustige Paasfees musiek gespeel (bv. Above all; Amazing love ens.) terwyl die boksie met opdragte aangestuur word. Die kind by wie die boksie is wanneer die musiek ophou moet ‘n opdrag (in die regte gemerkte volgorde) uithaal, en die groep moet eers die opdrag uitvoer voordat die verhaal verder gelees word.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne: