Paasfees Story Stones is ‘n wonderlike manier om die Paasfees verhaal weer vir jou kinders te vertel.
Paasfees Story Stones
Jy kan die hele story stone aktiwiteit op een slag doen, of dit versprei oor ‘n aantal dae. Dis ‘n baie veelsydige aktiwiteit om die kinders lekker besig te hou, maar hulle ter selfdertyd oor die betekenis van Paasfees te leer.
Besluit voor die tyd HOE jy die klippies wil verf, bv. swart met wit op geteken, wit met swart op geteken. Jy kan selfs prentjies print en jou kinders dit laat opplak. Jy kan ook meer prentjies gebruik as wat ons gedoen het, tik net “easter story stones” op Google in en jy sal ‘n klomp voorbeelde kry.
Hierdie is die een wat ons gebruik het:
Wees ook kreatief met wat jy met die klippies doen. Miskien kan jy ‘n uitstalling daarvan in bv. die sitkamer doen waar die kinders dit elke dag kan sien, en so ook vir besoekers daarvan vertel.
Laai die Paasfees Story Stone aktiwiteit hieronder in PDF formaat af.
Paasfees Aktiwiteit -Story Stones
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne.
https://algoagemeenskapskerk.com/category/paasfees/