NG Wellington se lydenstyd huisgeloof materiaal word op Dinkjeug se webtuiste gedeel. Dis eintlik bietjie laat, want Palmsondag is alreeds verby, maar jy kan dan net die derde tema eerste doen, en dan die ander twee.
Lydenstyd Huisgeloof
Tema 1: Krake – 2 Korintiërs 4:7-10
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Wat dink jy beteken dit dat die teks van ons praat as kleipotte wat maklik breek?
Watter boodskap hou hierdie gedeelte vir ons in wat soms sukkel met moedeloosheid, ongeduld, vrees en onsekerheid?
Aktiwiteite: Maak saam ‘n pot uit klei. Hang ‘n tekkie by julle voordeur as ‘n simbool dat julle huis in die tyd diensbare getuies vir Jesus wil wees.
Tema 2: Doringkroon – Matteus 27:27-31
Watter emosies, dink jy, het Jesus beleef terwyl hy sò bespot en mishandel is?
Hoe help dit jou om te weet dat Jesus swaarkry en lyding verstaan?
Aktiwiteit: Begin met ‘n lekker gesins ysbreker. Maak jou eie legkaart met ‘n doringkroon.
Tema 3: Palms – Johannes 12:12-19
Wat, dink jy, is die betekenis daarvan dat Jesus juis op ‘n donkie gery het?
Watter tipe eienskappe dink jy het ‘n persoon wat NEDERIG is?
Vertel mekaar van ‘n persoon wat jy ken wat jy as NEDERIG sal beskryf.
Aktiwiteit: Maak ‘n donkie en palm takke.
Volg die skakel hieronder om die materiaal op Dinkjeug se webtuiste af te laai:
Click to access Huisgeloof-gespreksriglyn_3_5-April-1.pdf
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne: