Hierdie is dalk so bietjie laat, maar met ‘n lang naweek wat voorlê mag hierdie dalk net die ding wees om as ‘n familie saam te doen. Waar julle artikel nie het nie, maak ‘n plan en doen iets anders wat dieselfde boodskap sal oordra.
Stasies van die kruis
DinkJeug het hierdie oulike idee van NG Brackenfell op hulle webtuiste gedeel.
In ‘n oogwink is ons lewens omgedop en sien ons hoe al ons netjies uitgewerkte planne uitrafel. Ons is in ‘n tyd tussen wat was en wat gaan wees, onseker oor waarheen ons op pad is. Genadiglik weet ons dat, maak nie saak waarheen ons op pad is nie, God is reeds daar.
Hierdie handleiding het ten doel om gesinne te help om die geloofsgewoonte van die stasies van die kruis gebedsreis by die huis te doen. Dit is so saamgestel dat kinders en ouers dit saam kan doen. Mag dit julle geloof versterk.
Laai Stasies van die Kruis by die skakel hieronder af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne: