COVID 19: Emoji’s

covid-19 coronavirus infection outburst spread background design

Soos ons rondgesoek het na gratis Afrikaanse COVID 19 hulpbronne het ons werklik op baie besonderse hulpbronne afgekom, maar die een hulpbron wat ons gemis het was iets met die oulike emoji’s op.

Emoji’s

Emoji’s is ‘n wonderlike manier om moeilike konsepte aan veral kleiner kinders te verduidelik, en watter tiener geniet dan nie ook emoji’s nie! Dit was verstommend om te sien dat jy nie die woord ‘covid emoji’s’ kon intik en hier ‘pop’ alles wat jy nodig het op nie!! Allesbehalwe! Dit het dae se rondkrap gevat om al die regte emoji’s opgespoor te kry, maar uiteindelik het ons alles gekry wat ons nodig gehad het.

Ons het vier hulpbronne met die emoji’s saamgestel. Die eerste bevat al die belangrikste inligting wat die kinders moet weet: Moontlike COVID 19 Simptome; Wat jy moet doen as jy hierdie simptome het en hoe jy jouself en ander veilig kan hou. Die ander drie bevat dan elkeen een van hierdie afdelings.

Julle sal sien dat ons die taalgebruik BAIE eenvoudig probeer hou het, sodat die kleintjies dit kan verstaan. Dan het ons die stoute skoene aangetrek en dit ook in Engels vertaal! Indien dit nie oral ‘taalkundig’ reg is nie, verskoon maar die ou boere-dogter!

Hierdie hulpbron is GRATIS en mag onder GEEN omstandighede verkoop word nie! Jy mag dit deel soveel jy wil, dit print soveel jy wil, jy mag dit net nie verkoop nie!

Hieronder is die voorbeelde van die Afrikaanse stel.

groot 8

simptome 2

wat moet jy doen

veiligheid

Laai die Afrikaanse en Engelse stel hieronder in PDF formaat af:

COVID 19 – Afrikaans

COVID 19 – Engels

Volg die skakel hieronder na ons ander COVID 19 Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/covid-19/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s