Dis darem wonderlik wanneer mens op goeie, gratis hulpbronne in Afrikaans afkom! Ons het sommer op ‘n KLOMP video clips in Afrikaans, op YouTube afgekom wat jy kan gebruik.
Bly Gesond Puppets
Hierdie is ‘n oulike Afrikaanse kindervideo oor gesondheid en Covid 19. Geskik vir kinders tussen die ouderdomme van 3 jaar en Gr. 3. Geskryf deur Hanlie Lombaard.
Goodworkfoundation
Hierdie groep het ‘n baie oulike, redelik eenvoudige, Afrikaanse video clip gemaak wat al die basiese inligting oor COVID 19 bevat, dis ook in ‘n klomp ander tale, onder andere Engels beskikbaar. Gaan loer gerus daarna by die skakel hieronder:
Beulay Africa
Hierdie groep het sewe oulike video clips in Afrikaans waarin verskeie aspekte van COVID 19 aangespreek word:
- Algemene voorkoming
- Hande was
- Persoonlike higiene
- Beskerm jou gesin
- Beskerm jou kinders
- Publieke vervoer
- As jy vermoed dat jy dalk COVID 19 het
- Feite en Mietes
Hierdie video clips is ook in verskeie ander tale, onder andere Engels, by die skakel hieronder beskikbaar:
SA Coronavirus
Plett Tourism
Wes-Kaap Regering
Real Heroes Connect
Sosiale afstand gedemonstreer:
Volg die skakel hieronder na ons ander COVID 19 Hulpbronne: