Hier is nog twee baie oulike gratis COVID 19 hupbronne in Afrikaans vir die jonger kinders.
Vrolike Poppekas
Vrolike Poppekas verduidelik COVID 19 aan kleiner kinders deur middel van sewe ‘episodes’. Die volledige poppekas van sewe episodes is ongeveer 21 minute lank. Jy kan dit as een volledige poppekas kyk, of as sewe aparte episodes. Volg die skakel hieronder na die volledige storie.
SAVF Louis Trichard Social Work Office
COVID-19 het ‘n invloed op alle aspekte van ons kinders se lewens – gesinslewe, sosiale lewe en skool. SAVF Louis Trichard het vir jonger maats ‘n poppekas gemaak, om hulle te help om die situasie te verstaan, en om hoop te gee vir die toekoms. Volg die skakel hieronder na hulle video op Facebook.
Volg die skakel hieronder na ons ander COVID 19 hulpbronne: