AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Paasfees 4
Hierdie les is in die vorm van ‘n Aasjag. Elke groep kry ‘n lys van artikels wat hulle moet gaan soek. Nadat al die artikels gevind is moet die groepe besluit aan watter deel van die Verhaal van Paasfees elke artikel hulle laat dink. Dis ‘n lekker praktiese manier om met die kinders oor Paasfees te gesels.
Laai die Kinderkerk Paasfees les hieronder gratis in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne: