Emojis’ is deesdae amper ‘n ‘universele taal’ as ek so laf en ook so ‘bold’ mag wees om dit so te noem. Kinders speel al van kleins af op ma en pa se foon, of het baie keer al hulle eie fone. Ek dink voordat hulle al behoorlik kan lees weet hulle al van emoji’s en wat baie van hulle beteken.
Omdat emoji’s amper deel van kinders se taal geraak het, het ons besluit om die oulike uitbeelding van die 10 gebooie met emoji’s, wat oral op die internet die rondte doen, vir ons eie kinders na Afrikaans te vertaal. Dit maak die verstaan en die onthou van die 10 Gebooie soveel makliker vir kinders, klein en groot. Ons deel dit graag met julle.
Laai die Emoji’s: Die 10 Gebooie hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Hulpbronne oor die 10 Gebooie: