Internet Hulpbronne: DinkJeug Familie Toep

dinkjeug familie toep - groot

Tradisionele ‘boekevat’ en kategeseklas, soos dit altyd gedoen is, werk lankal nie meer vir die meeste huishoudings of gemeentes nie. Die goeie nuus is, danksy ’n paar innoverende leraars en hul spanne, het digitale hulpmiddels in die vorm van interaktiewe platforms asook toeps (apps in Engels) verlede jaar die lig gesien wat dit vir gesinne én kategete makliker maak om oor die Bybel en geloofsake met kinders en jongmense te praat.

DinkJeug Familie toep

“Die storie van hierdie nuwe app is ’n awesome storie om te vertel,” sê ds Anriëtte de Ridder, PSD van die Taakspan Jeug- en Familiebediening van die Wes-Kaapland Sinode. Sy verduidelik die droom van ’n toep om gesinne by te staan in huisgodsdiens / huisgeloof bestaan al ’n geruime tyd by die taakspan. Toe die Covid-pandemie se eerste grendeltyd aanbreek en die kerke moes toemaak en almal by die huis moes bly, het die taakspan besef dit is die perfekte tyd om so ’n toep op die been te bring om families deur hierdie tyd te help om self as gesin huisgeloof te doen.

’n Groep vrywillige predikante het gou in rekordtyd die eerste paar weke se inhoud geskryf en oordenkings opgeneem. “Ons moes natuurlik almal van ons huis werk, aanlyn alles saam beplan en ons het die podcasts sommer op ons selfone opgeneem en geredigeer,” vertel De Ridder. Binne drie weke is die DinkJeug Familie App op 1 April 2020 vrygestel.

“Die terugvoer wat ons gekry het, is dat gesinne vir die eerste keer ervaar dat die hele gesin, ongeag die kinders se ouderdom, saam Bybel kan lees en daaroor gesels op ’n ontspanne manier. Dit is ontsettend waardevolle gesinstyd wat almal help om saam te groei as dissipels van Jesus,” sê De Ridder.

Wat bied dit? Die DinkJeug Familie Toep bied daagliks (Maandae tot Vrydae) ’n 5 minute klankgreep (podcast) waarin ’n storie vertel word en ’n teks gelees word met ’n paar geselsvrae waaroor ’n gesin kan gesels. Daar is ook elke dag ’n gebedswenk en ’n doen-idee vir kinders, tieners en families om saam te doen. Die toep se inhoud is so geskryf dat kinders van verskillende ouderdomme saam daarna kan luister en daaroor gesels. Elke week het ’n bepaalde teks en tema met stories wat aansluit by kinders se leefwêreld. Dit is dus die moderne gesin se ekwivalent van “huisgodsdiens”.

Hoe werk dit? ’n Mens laai die toep gratis by Google Play of Apple iStore op jou foon af. Elke dag is daar ’n vars oordenking om na te luister met ’n halt (pause) knoppie wanneer julle as familie verder oor die teks of vrae wil gesels of saam wil bid. Dit neem ’n familie ongeveer 10-15 minute om dit te doen en dit kan soggens of saans of selfs in die motor na geluister word. Die toep het ook agtergrondinligting en skakels in oor die tema/teks vir dié wat meer wil weet. Kontak vir Maryke by jeug@kaapkerk.co.za met navrae.

Volg die skakel hieronder vir meer inligting:

https://kerkbode.christians.co.za/2021/12/08/toeps-bring-digitale-vernuwing-na-boekevat-en-kategese/

Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s