Personeelkamer Opening: 45. Die Eend en die Duiwel

45. groot

Hierdie is ons vyf en veertigste Personeelkamer Opening.

Die Eend en die Duiwel

‘n Jong seun het by sy ouma en oupa vir die vakansie op hulle plaas gaan kuier. Oupa het vir hom ‘n kettie gegee om in die veld mee te skiet en te speel. Hy het gereeld in die veld gaan oefen op al wat ‘n teiken is maar hy kon nooit die teiken raakskiet nie.

So bietjie moedeloos met sy mislukking om ‘n teiken raak te skiet gaan hy maar huis toe vir aand ete. Terwyl hy so terugloop huis toe sien hy ouma se troetel eend en sonder om te dink laat waai hy met die kettie en skiet die eend teen die kop……morsdood.

Hy was baie geskok (dat hy die eend raakgeskiet het terwyl hy nie eens ‘n teiken kan tref nie) en baie hartseer oor ouma se troetel eend. Vreesbevange steek hy toe die dooie eend weg onder die hoop hout in die agterplaas, net om te sien dat sy suster hom die hele tyd dopgehou het. Sarie het alles gesien maar nie ‘n woord gesê nie.

Na middag-ete die volgende dag sê ouma vir Sarie, “Sarie laat ons gou die skottelgoed was.” Maar Sarie sê, “Ouma, Jannie het vir my gesê dat hy graag in die kombuis wil help.” Voordat Jannie nog iets kon uitkry fluister Sarie vir Jannie, “Onthou die eend ?” So Jannie het maar help skottelgoed was. Later die dag vra oupa of die kinders saam met hom wil gaan visvang maar ouma sê sy het vir Sarie nodig om te help met die voorbereiding van aand ete.

Sarie het net geglimlag en gesê, “Dit is alles reg want Jannie het vir my gesê dat hy graag wil bly en vir ouma help.” Sy fluister weer vir Jannie, “Onthou die eend..?” So het Sarie saam met oupa gaan visvang terwyl Jannie vir ouma gehelp het.

Na ‘n paar dae wat Jannie al sy take en Sarie sin moes verrig kon hy dit nie langer uithou nie. Hy het na ouma toe gegaan en aan haar erken dat hy per ongeluk haar troetel eend dood geskiet het. Ouma het afgebuk en hom ‘n drukkie gegee en aan hom gesê,

“Skattebol, ek weet. Jy sien ek het by die kombuis venster gestaan en alles gesien maar omdat ouma lief is vir jou het ek jou reeds vergewe. Ek het net gewonder hoe lank gaan jy toelaat dat Sarie ‘n slaaf van jou maak.”

Toepassing:

Wat ookal in jou verlede is, wat jy ookal gedoen het (lieg, verkul, vrees, woede, haat, slegte gewoontes, bitterheid, ens.) Die duiwel bly dit die heeltyd voor jou kop gooi. Wat dit ookal is, jy moet weet dat die Here by die venster gestaan het en reeds alles gesien het.

Hy het jou hele lewe gesien. Hy wil hê dat jy moet weet Hy is Lief vir jou en dat jy vergewe is. Hy wonder net hoe lank gaan jy toelaat dat die duiwel ‘n slaaf van jou maak. Die wonderlikste ding van ons Liefdevolle Vader is dat as jy Hom vra om jou te vergewe, vergewe Hy nie net nie maar vergeet ook. Dit is deur God se Barmhartigheid en Genade dat ons gered word.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

45. PERSONEELKAMER OPENING – Die Eend en die Duiwel

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

One thought on “Personeelkamer Opening: 45. Die Eend en die Duiwel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s