Seksuele Molestering: Poppekas 1

poppekas 1 - groot

Seksuele molestering is ‘n onderwerp wat baie belangrik is om van ‘n jong ouderdom af met jou kinders oor te praat. Dis ongelukkig ook ‘n onderwerp wat ons nie altyd weet HOE om oor te praat of WAAR om te begin nie. Ons het ‘n poppekas saamgestel wat baie eenvoudig is, en wat mamma sommer van kleins af met die kleintjies by die huis kan doen.

Vir hierdie eerste poppekas word diertjies gebruik om die onderwerp bietjie sagter vir die ou kleintjies te maak, maar tog nogsteeds die boodskap oor te dra. Dis eintlik ‘n baie oulike manier om die onderwerp vir die eerste keer aan jou kind bekend te stel.

Dis ook maklik genoeg vir juffrou om in die klas met die kleintjies te doen.

Laai die Poppekas Storie: Bewusmaking van Seksuele Molestering hieronder in PDF asook WORD formaat af:

Poppekas – Bewusmaking van Seksuele Molestering PDF

Poppekas – Bewusmaking van Seksuele Molestering WORD

Ons het ook ‘n inkleurprent saamgestel waar Minky se slagspreuk: Nee, dis my lyfie en ek sê nee, nee, nee, saam met ‘n prentjie van haar op is. Ons het dit in drie verskillende formate vir julle saamgestel.

Laai die inkleurprente hieronder in PDF formaat af:

Inkleurprent – Protrait

Inkleurprent – Landscape

Inkleurprent – 2 kleintjies

Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor seksuele molestering:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/seksuele-molestering/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s