Saalopening 48: My Doel op Aarde

48. groot

Hierdie is ons agt en veertigste Kort Boodskap, Saalopening idee.

My Doel op Aarde:

Inleiding:

Wie van julle hou van appels?

Wie hou daarvan om appels met die skil aan te eet, en wie sonder die skil?

Daar is ‘n bekende sê-ding oor appels – wie van julle weet wat dit is? (An apple a day, keeps the doctor away).

Vanoggend gaan ons oor ons doel op aarde gesels, dit daarvoor God ons gemaak het, en ek gaan appels gebruik om julle te help om dit beter te verstaan.

Wie gaan my help met ‘n paar appel-uitdagings?

Appel-Uitdagings:

Jy kan lekker kreatief raak en ‘n paar speletjies of uitdagings uitdink wat die kinders met appel kan doen. Hier is so paar idees wat jou dalk mag help.

  1. Kyk wie ‘n appel die vinnigste kan opeet.
  2. Kyk wie ‘n appel die vinnigste kan skil, of kan skil sonder dat die skil breek.
  3. Hou ‘n appel-resies met ‘n appel op die kop, of tussen die knieë en kyk wie die vinnigste so kan hardloop.

Koop ‘n paar verskillende soorte appels en bring saam. Wys die appels een vir een vir die kinders en gee ‘n ‘doel’ vir elke appel.

: Ek hou baie van appels, en het ‘n hele paar verskillendes soorte gekoop om verskillende goed mee te maak. Kom ons kyk gou eers hoe elkeen lyk – daar is appels wat groen, geel of rooi is. Daar is klein en groot appels. Van die appels lyk mooi gesond en blink, en ander het merkies aan.

Met hierdie appel gaan ek ‘n lekker appeltert maak. Die volgende een gaan ek in ‘n lekker taai toffie stroop doop, en ‘n toffie-appel daarvan maak. Hierdie appel gaan ek in ‘n versapper sit en lekker appelsap daarvan maak.

Ek het elke appel vir ‘n spesifieke DOEL gekoop. Nou voordat hierdie appels sulke mooi appels was, was elkeen van dit net ‘n gewone saadjie gewees wat iemand geplant het en gegroei het aan bome en hierdie pragtige appels geword wat ons vir allerhande wonderlike dinge kan gebruik.

Jy is uitgekies en het ‘n spesiale doel!

Teksverse: Ef 1:4-14, Gal 1:15 Jerm 29:11, Jerm 1:5, Ps 139:13-16

Het jy geweet dat JY ook uitgekies is, en dat JY ook ‘n spesifieke doel het?  God het JOU gekies, en Hy het ‘n spesifieke doel en plan vir JOU hier op aarde!

Die Bybel praat baie van hoe God ons uitgekies en aangeneem het as SY kinders. Hy het ons deel gemaak van Sy familie deur die bloed van Jesus aan die kuis, en daarom het Hy ‘n spesiale doel vir ons lewens. Hy het elkeen van ons iets spesiaal gegee om vir Hom te doen.

Jy mag dalk nie dink dat jy so spesiaal is nie, of dat jy dit werd is dat God JOU gekies het nie. Jy mag dalk geen idee het wat God se plan vir JOU is nie!

Party mense se doel is om groot en belangrike goed in die oë van die wêreld te doen, en ander mense se doel is weer nie so groot en belangrik in die oë van die wêreld nie, maar God se plan en doel vir ELKEEN van ons is baie belangrik vir HOM, omdat HY dit vir jou gekies het!

Jy weet dalk nog nie wat God se doel vir jou hier op aarde is nie, maar ons lees in die Bybel dat God ‘n plan vir elkeen van ons het, ‘n plan wat Hy vir ons gemaak het nog voordat Hy die wêreld gemaak het. Hy het ‘n plan vir die wêreld, en Hy het ‘n plan vir JOU! Hy weet wat dit is, want Hy is lief vir jou, en het JOU met ‘n DOEL gemaak. Jy is nie net ‘sommer-maar’ net hier nie. Hy het ‘n REDE hoekom jy hier is, ‘n DOEL!

God het ons UITGEKIES en ons AANGENEEM as SY kinders om ‘n spesiefieke DOEL hier op aarde te hê. Ons eerste en belangrikste doel hier op aarde is om God se wil te doen deur Hom te kies, om Hom lief te hê in Hom te glo, Hom te dien, en om vir ander van Hom te vertel sodat hulle ook kinders van God kan word. Dis die belangrikste DOEL van elke mens hier op aarde, maar jy moet hierdie doel KIES, want nie almal stel in hierdie doel van God vir hulle lewens belang nie!

Afsluiting:

Ons weet nie wat môre, volgende week, maand of jaar gaan gebeur nie, maar ons kan God vertrou dat Hy ‘n plan met elkeen van ons se lewens het. As kinders van God sal Hy ons wys wat Hy wil hê dat ons moet doen, wat Sy WIL en DOEL vir ons lewens is wanneer ons Hom vra.

Onthou dat God lief is vir elkeen van ons en dat Hy ‘n PLAN vir ons lewens het, OMDAT Hy lief is vir ons. Jy is UITGEKIES deur God vir ‘n baie spesifieke DOEL!

Aangepas uit ‘n les van sundayschool.works – Chosen by God

Laai die Saalopening les hieronder in PDF formaat af:

48. Saalopening – My Doel op aarde

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s