Internet Hulpbronne: Waar staan dit in die Bybel?

Waar staan dit in die Bybel

Ek is seker julle is ook gedurig opsoek na ‘n Bybelversie of ‘n gedeelte in die Bybel, maar weet net nooit waar om dit te vind nie. As jy nie ‘n Millennial is wat met tegnologie gebore is nie kan dinge nogal vir jou lol. ‘Oom Google’ help baie, maar dis nie altyd so maklik as jy dit in Afrikaans soek nie.

Ons eie poging:

Terwyl ons so paar jaar gelede weer besig was om die Bybel deur te lees, het ons die versies begin neerskryf soos ons gelees het, en  dit in ‘n baie eenvoudige WORD dokument getik vir die gebruik van ons eie gemeentelede. Ons het dit onlangs hersien, nog verse bygesit en bietjie meer ‘user-friendly’ gemaak.

WAAR STAAN DIT 3 portraite

Waar staan dit in die Bybel?

Groot was ons verbasing om ‘n paar jaar later ‘n soorgelyke dokument op die Internet by die skakel hieronder op te spoor:

http://phantocomp.weebly.com/uploads/1/9/8/3/19830307/waar_staan_dit_in_die_bybel_-_hersien.pdf

Waar staan dit in die Bybel SEPTEMBER 2012 -Hersien

Bybel op jou Rekenaar:

As jy in die tegnologie-era gebore is, sal Thomas van “Die Lewegewer”  Webtuiste se post: Bybel op jou rekenaar ideaal wees vir jou. Hy het ‘n wonderlike post gedoen met die verskillende webtuistes waar jy die Bybel op jou selfoon of rekenaar kan aflaai, en dan elektronies toegang tot hierdie inligting het.

Volg die skakel hieronder na sy Webtuiste vir die Bybel op jou selfoon op Rekennaar Post:

Bybel op jou Selfoon en Rekenaar

Volg die skakel hieronder na ons ander Internet Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/internet-hulpbronne/

Leave a comment