Kinderkerk Lesreeks: Sout vir die aarde

sout vd aarde - kinderker lesreeks

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: Sout vir die aarde

In Matt 5:13 gee Jesus ons die opdrag om die sout vir die aarde te wees. Sout is egter vir ons ‘n alledaagse item met nie veel meer waarde as om smaak aan kos te gee nie. Sout is egter soveel meer as dit, en as ons DIT verstaan, dan maak die opdrag om sout vir die aarde te wees soveel meer sin en het dit soveel meer betekenis. Hierdie reeks kyk na die twee dele van die teksvers, om sout te wees EN wanneer sout laf raak.

In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Funles – Sout vir die aarde
  2. Om sout te wees 1
  3. Om sout te wees 2: Om te dien
  4. Wanneer sout laf raak 1
  5. Wanneer sout laf raak 2: Die tong
  6. Wanneer sout laf raak 3: Kwaadraak

1. Funles – Sout vir die aarde

Hierdie les word in die vorm van ‘n Funles gehou, en ons kyk na die waarde van sout, sodat ons die opdrag om sout te wees beter kan verstaan. Dit bestaan uit ‘n ‘taste-test’ en ‘n paar eksperimente om die waarde van sout aan die kinders te verduidelik.

KINDERKERK LES – Funles – Sout vir die aarde

2. Om sout te wees 1

Om sout vir die aarde te wees beteken nie om soos ‘n hidden te picture te lyk, waar mense moet soek om te sien wie jy is en jy geen verskil in die wêreld maak nie omdat jy wegkruip. In hierdie les kyk ons wat sout kan doen en hoe ons as kinders van Jesus so sout vir die wêreld kan wees.

KINDERKERK LES – Om sout te wees

3. Om sout te wees 2 – Om te dien

In hierdie les kyk ons prakties wat dit beteken om in ons alledaagse lewe sout te wees en so ons liggies vir Jesus laat skyn.

KINDERKERK LES – Om te dien

4. Wanneer sout laf raak 1

In Matt 5:13 gee Jesus ons die opdrag om die sout vir die aarde te wees, maar die teksvers gaan aan en waarsku: wanneer die sout laf geword het. In hierdie les kyk ons daarna. Ons maak dit lekker prakties vir die kleintjies met ‘n speletjie en ‘n illustrasie sodat hulle die begrip kan verstaan.

KINDERKERK LES- Wanneer sout laf raak

5. Wanneer sout laf raak 2 – Die tong

Ons volgende twee lesse kyk na praktiese voorbeelde uit die kleintjies se leefwêreld om hulle daarmee te help. Hierdie les kyk na die tong en hoe ons met dit wat ons sê soos lawwe sout raak.

KINDERKERK LES – Wanneer sout laf raak 2 – Die tong

6. Wanneer sout laf raak 3 – Kwaadraak

Hierdie les kyk na kwaadword, wat ons doen wanneer ons kwaad is en hoe dit ons soos lawwe sout laat raak.

Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor Sout vir die Aarde:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sout-van-die-aarde-sondagskool/