Hierdie is ons sewende Kort boodskap, Saalopening idee.
Storie: Kap spykers as jy kwaad is
Daar was ‘n klein seuntjie met ‘n hewige humeur. Sy pa het hom ‘n sak spykers gegee en verduidelik aan hom dat elke keer wat hy sy humeur verloor moet hy ‘n spyker in die agterste hout heining inkap.
Soos die tyd aangestap het, het die seuntjie sy humeur al minder begin verloor, en nie meer nodig gehad op spykers in die heining te kap nie. Die volgende les het begin, elke keer as die seuntjie sy humeur kon beteul moes hy ‘n spyker uit die heining trek.
Die spykers het lelike gate in die heining gelos, die heining sal nooit weer dieselfde wees nie. Wanneer jy iets sê in woede los dit wonde net soos die gate in die heining.
Teksverse: Efesiërs 4: 26-31; Spreuke 29:11; Prediker 7:9 Spreuke 15:1; Spreuke 22:24
Praktiese Illustrasie:
Neem ‘n stuk plank saam asook ‘n hammer en spykers. Kry ‘n paar vrywilligers om die spykers in die planke te slaan. Wanneer hulle klaar is, laat hulle die spykers weer uittrek.
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat af:
7. Saalopening – Kap spykers in as jy kwaad is
Laai die Storie: Kap spykers as jy kwaad is, hieronder in PDF formaat af:
Storie: Kap spykers as jy kwaad is
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/