Ek is seker meeste van julle het die laaste paar dae weer die aaklige “Momo-challenge” gesig op Facebook gesien, en weer die onrus in jou hart gekry rondom jou kind se veiligheid wanneer dit by tegnologie kom.
Ons het so bietjie gaan oplees oor die “Momo-challenge” en het op ‘n klomp interessante feite en wenke afgekom wat jou as ouer kan help wanneer dit by jou kind en tegnologie kom.
The Momo-challenge:
Wat is die Momo-challenge? Waar kom dit vandaan? Wat moet ek as ouer daaromtrent doen? Hierdie is alles ‘n klomp vrae wat belangrik is om die regte antwoorde op te kry. Gaan lees gerus meer oor die Momo-Challenge by die skakels hieronder:
Jou kind en take
Hierdie is ‘n baie handige wenk wanneer jou kind inligting vir ‘n taak soek. Laat hulle eerder die soek-engine “kiddle.co” gebruik in plaas van “google”. Kiddle.co word deur google ondersteun, maar is spesiaal vir kinders onwerp, dus is daar geen onvanpaste materiaal nie. Volg die skakel hieronder na “kiddle.co”
Jou kind en Tegnologie
Tegnologie het vir baie ouers ‘n manier geword om kinders besig te hou, en in baie gevalle onder ouers se voete uit te hou. Tegnologie het beslis sy plek in ons samelewing, en dit HOEF nie noodwendig sleg vir jou kind te wees nie.
Jy as ouer gaan egter bewus moet raak van die gevare en die effek van tegnologie op jou kind, en maatreëls in plek moet sit vir jou kind se veiligheid.
Die “Momo-Challenge” is maar een van baie gevare rondom die gebruik van tegnologie, en daarom is dit belangrik dat ouers hulleself bemagtig met inligting.
Ons het die volgende raakgelees in ons rondkrap, en dit is SO waar:
“The best advice is to be more conscious with what your children are viewing on the internet. Be a “Parent”. DO NOT allow social media to become the parent you should be.”
Wanneer is jou kind reg vir tegnologie?
Hierdie is ‘n baie intressante vraag waarvoor daar nie ‘n maklike antwoord is nie. Volg gerus die skakel hieronder en lees die artikel om jou met ‘n paar riglyne te help.
https://za.norton.com/internetsecurity-kids-safety-when-are-kids-ready-for-technology.html
Wat is die impak van tegnologie op kinders?
Wanneer dit by tegnologie kom is daar ‘n baie fyn lyn tussen genoeg en te veel. Te veel kan egter katestrofiese gevolge vir jou kind hê, of jy dit glo of nie. Ongelukkig is baie ouers self aan tegnologie verslaaf, en daarom sien hulle nie die gevaartekens by hulle kinders raak nie.
Volg gerus hierdie skakel na DinkJeug se insiggewende artikel oor die impak van tegnologie op kinders?
http://dinkjeug.ngkerk.net/2018/09/18/wat-is-die-impak-van-tegnologie-op-kinders/
Volg gerus hierdie skakel met die nodige inligting om jou kind te help rondom die gebruike en gevare van tegnologie:
Child Harm, the Silent Tragedy: Every Parent who Cares Should Read This
Ouer-Gids vir YouTube
Ons het so rukkie gelede ‘n post oor die gebruik van YouTube deur jou kind gedoen. Gaan lees gerus meer daaroor by die volgende skakel:
https://algoagemeenskapskerk.com/2019/02/20/internet-hulpbronne-ouer-gids-vir-youtube/
Cyber Safety Cop
Terwyl ons rongekrap het vir inligting, het ons op ‘n wonderlike webtuiste afgekom wat beslis die moeite werd is om na te gaan kyk. Cybersafetycop.com lig ouers in oor alles wat potensieël gevaarlik vir kinders kan wees, rondom tegnologie. Hulle het ook ‘n Facebook blad, en jy kan ook inteken op hulle nuusbrief en so die nuutste artikels en nuus ontvang. As jou kinders baie tyd aanlyn spandeer is hierdie ‘n MOET vir jou as ouer!!
Hier is twee skakels na die webtuiste:
https://www.cybersafetycop.com/category/cyber-safety-cop/
https://www.cybersafetycop.com/category/apps-and-games/
Hier is die skakel na die Facebook blad: https://www.facebook.com/cybersafetycop
Ekstra Inligting
Ons wil julle nie met te veel inligting verveel nie, en gee daarom skakels na artikels wat julle gerus kan gaan lees soos wat julle tyd het.
Skakels:
https://edition.cnn.com/videos/tv/2017/09/15/smartphones-the-new-teen-mental-health-crisis.cnn
Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/