Wanneer ons hierdie tyd van die jaar TV kyk sien ons gereeld hoe mense Halloween vier. Ons sien hekse, spoke, pamoene en mense met snaakse klere wat lekkers uitdeel of ‘trick of treat’ daarvoor vra by huise.
Tot onlangs was Halloween iets wat jy net op TV gesien het. Dis egter deesdae opvallende wanneer jy hierdie tyd van die jaar in winkels kom, hoeveel Halloween versierings jy sien. Jy hoor ook gereeld hoe mense Halloween partytjies bywoon of selfs hou.
Omdat Halloween eintlik ‘onbekend’ in Suid-Afrika is, en al wat ons werklik weet, dit wat ons op die TV sien, is dit belangrik dat ons weet WAT dit is en HOEKOM dit gevier word. Die probleem is dat dit so lekker ‘lyk’, maar dat die oorsprong en dit wat daarmee saamgaan nie so ‘lekker’ en ‘onskuldig’ is nie!
Nee, ons is NIE van daai mense wat die duiwel in alles soek of raaksien nie, maar ons is WEL van daai mense wat daarvan hou om te weet waarmee ons onsself besig hou en wat dit beteken.
Waar kom Halloween vandaan?
Halloween het sy oorsprong by ‘n fees van die Druïde. Die Druïde was ‘n geheime heidense organisasie of Orde wat beheer uitgeoefen het oor die Kelte wat destyds in die Britse Eilande en Galië (Wes-Europa) gewoon het.
Hierdie fees het op die aand van 31 Oktober plaasgevind. Dit was die tyd van die jaar waar die winter vir hulle begin het, die dae dus korter en die donkerte meer geword het. By hierdie fees is Samhain, die heer of demoon van die Dood, dan vereer. Daar is geglo dat die dooies op hierdie dag uit hulle grafte sou opstaan en dat magte van die duisternis en die hel ook losgelaat sou word om fees te vier oor die duisternis en die dood, alles ter ere van Samhain, die heer of demoon van die Dood. Dit was dus ‘n fees van donkerte, duisternis, die dood en die duiwel.
Trick-or-treat
Daar is geglo dat die dooies op hierdie dag uit hulle grafte sou opstaan en oor die
aarde sou rondswerf in ‘n poging om uit te kom by die huise waar hulle voorheen gebly
het. Uit vrees dat die geeste hul vee sou doodmaak en hul eiendom sou vernietig, sou
die bang dorpenaars hierdie wandelende geeste gevolglik tevrede wou stel deur
geskenke van vrugte en neute vir hulle te gee. Dit is na bewering die oorsprong van
die huidige ‘trick-or-treat’.
Trick-or-treat word ook na ‘n ander gebruik rondom die fees herlei. Die Druïde priesters sou na bewering op 31 Oktober van huis na huis beweeg en ongewone kos vra wat hulle of self sou eet of later aan Samhain, die heer of demoon van die Dood, sou offer. Indien die dorpenaars nie die treat sou voorsien nie, sou die Druïde priesters ‘n vloek of trick oor hulle uitspreek.
Jack-O-Lantern
Volgens ‘n ou legende het ‘n hoefsmid, Jack O, ‘n ooreenkoms met die duiwel aangegaan, wat van hom vir ‘n tydperk van sewe jaar die beste hoefsmid in die land gemaak het. Die prys hiervoor wat Jack se siel. Jack het ‘n uitgeholde pampoen met kerse binne-in by die ingang van die smidswinkel opgehang – as teken van sy nuwe vaardighede.
As straf vir sy duiwelse ooreenkoms is Jack O, uiteindelik daarote verdoem om vir ewig met sy Jack O Lantern deur die wêreld te swerf.
Duiwelse kostuums en maskers
Die dorpenaars sou hulle op dié dag beskerm teen die losgelate magte van die
duisternis en die hel wat wild sou feesvier oor die duisternis en die dood. Hulle het
dit gedoen deur hulle te vermom met maskers en kostuums, sodat hulle net soos die
bose magte sou lyk en dus nie deur hulle geteister sou word nie. Dit is na bewering
die oorsprong van die duiwelse kostuums en maskers wat met Halloween verbind
word.
Halloween het NIKS met God te doen nie
Halloween het NIKS met God te doen nie, maar alles met die dood, duisternis satan en demone.
Die skrywer van die Sataniste Bybel, sê dat Halloween, 31 Oktober, die belangrikste aand van die Sataniste is. Sekere Satanistiese rituele word op hierdie dag nagekom. Sataniese vloeke word teenoor Christene, kerke en families uitgespreek. Diere (veral swart katte) en mense (veral jong kinders) word ook op hierdie dag aan Satan geoffer, waarna die bloed van die geofferde diere en mense gedrink word.
Halloween is dus ernstige besigheid vir Sataniste en Sataniese hekse. Wanneer kinders dan deelneem aan die gebruike van Halloween, neem hulle, sonder dat hulle weet, deel aan die verering van die Sataniese magte. Doreen Irving, wat die hoofheks in Wes-Europa was sê: ‘If Christian parents had any idea of what Halloween REALLY is, they wouldn’t even mention the word around their children’
Hoe moet Christene dan oor Halloween dink?
Soos altyd is dit elke kind van God se verantwoordelikheid om SELF by die Here te gaan hoor of iets in lyn met Sy Woord is of nie. Ons taak is bloot om die feite deur te gee, maar jou werk as leser is om dit self by die Here te gaan toets.
Daar is heelwat leesstof oor Halloween op die internet beskikbaar, en indien jy wel iemand is wat aan hierdie fees deelneem of jou kinders toelaat om daaraan deel te neem, wil ek jou tog ten sterkste aanbeveel om jou huiswerk baie mooi hieroor te gaan doen.
In jou soektog meet dit wat jy lees aan die riglyne wat God in Sy Woord oor die verskillende aspekte van Halloween gee, en ek glo met my hele hart dat die Heilige Gees jou self hierop sal bedien.
Hieronder is die skakel na ‘n interessante skryfstuk wat deur Dr Leon van Zyl, Hoof Paidion Kinderbediening oor Halloween geskryf is, VERAL ten opsigte van die Christelike aspek daaroor.
Kyk uit vir ons Sondagskool en Kinderskerk les oor Halloween.
Volg die skakel hieronder na die ander hulpbronne rondom Halloween