Hierdie tyd van die jaar sien jy oral rooi hartjies en word jy keer op keer aan die liefde herinner. Kom ons as Christen ouers maak hierdie Valentynesdag iets spesiaals vir ons kinders deur hulle vir die 14 dae voor Valentynsdag elke dag iets nuuts oor God se liefde te leer.
God se Liefde Aasjag 1
Print die blaaie hieronder uit en knip die hartjies uit, en steek elke dag een in die huis weg wat die kinders moet soek. Besluit voor die tyd op ‘n spesiale plek in die huis waar julle dit gaan opplak om julle aan God se liefde te herinner.
Wanneer die kinders dit gevind het lees die teksvers saam met hulle, en plak die hartjie op waar almal dit kan sien. Ons het ook ‘n paar hartjies sonder geskryf ingesit sodat julle self ook op dit kan skryf.
Laai God se Liefde Aasjag 1 gratis hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Hulpbronne oor die Liefde