Hierdie is ons sewe en dertigste Kort boodskap, Saalopening idee. Ons is nie seker of daar nog Saalopenings gehou word nie, maar sien tog van tyd tot tyd dat mense dit aflaai, so ons gaan dit weer begin deel, en jy kan dit natuurlik op verskillende maniere, en verskillende plekke gebruik – nie net vir saalopening nie!
Hoop en COVID
Wat ‘n vreemde naam vir ‘n saalopening…. ek weet…., maar gaan loer gerus eers daarna VOORDAT jy dit afskiet en besluit dis nie vir jou nie. Jacques Barnard is mede skrywer van geestelike boodskappies op die Facebook groep: Positiewe boodskappe, en met sy toestemming het ons sy oulike stukkie gebruik en aangepas vir hierdie praktiese, positiewe saalopening.
Omdat godsdiens ‘n verbode onderwerp in baie skole is, het ons twee saalopening vir hier tema gemaak. Die eerste een is Geestelike van aard, en het ons Geestelike COVID genoem, die ander een het nie ‘n geestelike inslag nie, en daarom het ons dit Hoop en COVID genoem. Albei lesse is dieselfde, behalwe vir die geestelike dele.
Die les begin met ‘n ysbreker, daar is twee om van te kies, afhangende van jou tyd en die moeite wat jy bereid is om te doen. As deel van die ysbreker word drie items gewys wat die skakel na COVID maak, ‘n sepie, saniteerder en ‘n masker. Daarna word ‘n paar vragies rondom COVID gevra wat deur middel van emoji’s, wat vrywilligers vashou, en die kinders op moet reageer gevra.
Die les self bestaan uit die hoof vier COVID voorsorgmaatreëls: Handewas, sosiale afstand, saniteer en masker dra. Elkeen van hulle word kortliks bespreek, met iemand wat ‘n demonstrasie doen, en dan word dit geestelik op ‘n baie eenvoudig manier deurgetrek, Hoop en COVID word dan op ‘n praktiese, alledaagse manier deurgetrek.
Die boodskap van Geestelike COVID en Hoop en COVID is dat ons ten spyte van al die sleg van COVID nogsteeds hoop kan hê.
Laai die Saalopening lesse hieronder in PDF formaat af:
37. Saalopening – Geestelike COVID 19
37. Saalopening – Hoop en COVID
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees: