I Spy: Ou Testament Verhale

i spy - OT - groot

Met die kerkdienste se getalle wat weer verminder is, en stygende COVID getalle het ons tans bitter min kinders in die kerk. Dit maak dit dus moeilik om ‘n lesreeks te doen, want eredienste word nie konstant deur dieselfde kinders bygewoon nie. Ons is dus besig om na ander maniere te kyk om Bybelkennis by ons kinders vas te lê binne ons veranderende omstandighede.

Omdat die kinders in ons area so min die geleentheid kry om interaksie met ander kinders tydens skooltyd en naskool te hê, bly speletjies een van ons effektiefste maniere. Ons probeer dus om Bybelkennis deur middel van speletjies met ons kinders vas te lê.

Ons het ‘n I Spy: Ou Testament verhale saamgestel om weer by van die basiese verhale stil te staan en te kyk hoeveel die kinders weet. Hierdie speletjie kan op baie verskillende maniere gespeel word.

Jy kan kort vragies oor elke verhaal uitwerk; ‘n aasjag doen of charades laat speel nadat al die verhale gevind is. Vir ‘n aasjag sal jy dan iets uit elke verhaal neem wat die kinders moet gaan soek, en vir charades sal hulle die verhaal moet uitbeeld sodat die ander kinders moet raai watter verhaal hulle uitbeeld. Raak kreatief hiermee, die kinders is mal daaroor!

Die I Spy speletjies werk baie goed vir kinderkerk asook vir Sondagskool.

Laai die I Spy: Ou Testament Verhale hieronder in PDF formaat af:

I Spy die Ou Testament 1

I Spy die Ou Testament 2

Volg die skakel hieronder na I Spy die Nuwe Testament Verhale:

https://algoagemeenskapskerk.com/2021/06/09/i-spy-nuwe-testament-verhale/

Volg die skakel hieronder na ons ander Boeke van die Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/boeke-van-die-bybel/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s