Drome en Visioene: God se Geheime Boodskappe 1

groot 1

God het in die Bybel se tyd baie met Sy mense en profete deur drome en visioene gepraat. Wanneer ons gaan kyk na dit sal ons sien dat daar hoofsaaklik drie redes daarvoor was. God wou hulle waarsku, ‘n opdrag vir hulle gee, of vir hulle iets vertel wat in die toekoms gaan gebeur.

Ek wil nou nie ‘n lang uitgerekte storie hiervan maak nie, maar soos ek bietjie gaan loer het sien ek dat BAIE gelowiges glo dat God nie meer vandag met sy kinders deur drome en visioene praat nie. Die rede wat meeste hiervoor aanvoer is dat dit nie meer nodig is nie, omdat ons nou die Heilige Gees, as God se kinders het wat met ons praat. Ek gaan beslis NIE in ‘n debat hieroor betrokke raak nie, maar ek sien ook in ‘n paar plekke in die Bybel NA die uitstorting van die Heilige Gees dat God nog met sy kinders deur drome en visioene gepraat het.

God bedien op die oomblik 1000de moslems in drome om hulle tot bekering te lei. In ons eie gemeente praat die Here gereeld met ons deur drome en visoene. Die Here het onlangs vir een van ons kinders in ‘n droom oor die doop bedien, en vir die kind gesê dat hy gedoop moet word. Die Here het hom so wonderlik oor die doop in sy droom bedien dat die volwassenes se monde oopgehang het oor dit wat hierdie kind hulle oor die doop kon vertel.

In Joël 2 lees ons immers dat God in die laaste dae vir die oumense en kinders gesigte (visioene) en drome gaan gee.

Indien jy NIE met ons saamstem oor drome en visioene nie, is dit tussen jou en God. Die Heilige Gees het dit egter sterk op ons harte gelê om hierdie mini-reeks oor drome en visioene saam te stel. In die saamstel daarvan het Hy net weereens ons eie geloof kom versterk met dit waarmee Hy met ONS besig is.

God se Geheime Boodskappe 1:

Ons gaan hierdie ‘n mini-reeks noem, omdat daar net 6 lesse in die reeks is. Dis so geskryf dat ouers dit self met hulle kinders tydens huisgodsdiens kan doen. Vir elke les is daar ‘n aktiwiteit soos ‘n ysbreker, om saam as gesin te doen voordat julle die les doen.

Voordat julle by die drome uitkom is daar ook ‘n paar vragies oor die persoon wat die droom gehad het, om seker te maak die kinders weet wie dit is wat die droom gehad het.

Elke droom is ook in ‘n ander formaat geskryf, ‘n geheime kodes, omdat drome van God soos geheime boodskappe is.

In die eerste les kyk ons na die drome wat God vir Abraham en Abimelek gegee het.

Laai die eerste ‘les’ in hierdie mini-reeks oor drome en visioene hieronder in PDF formaat af:

God se Geheime Boodskappe 1

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s