Sjoe, hierdie is ons tweede fonds in ‘n kort tydjie!
Ons het onlangs die voorreg gehad om die skakel na NG Kerk The Reeds se oulike Sondagskool materiaal met julle gedeel:
http://www.ngthereeds.co.za/?page_id=1511
Trueway Kids
Vandag deel ons met julle die skakel na Truway Kids se materiaal.
Hulle materiaal is vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar geskryf, met die doel om die Bybel te verken. Die lesse is gratis en drukbaar om by die huis of by die kerk te gebruik. Elke les sluit die volgende in: les uiteensetting, Bybel storie, speletjies, aktiwiteite,werkkaarte, inkleur bladsye, kunswerk en nog meer.
Volg die skakel hieronder na hulle webtuiste:
Hallo julle,
Ek en tegnologie is nie altyd maats nie, so ek hoop hierdie e-pos kom darem by iemand uit.
Ek wil julle graag bedank vir julle harde werk met die beskikbaarstelling van lesmateriaal. Ek is so gereeld op julle webtuiste en gebruik regtig so baie van dit wat julle vir ons gratis beskikbaar stel.
Weet net, dit wat julle doen het impak en beteken vir baie van ons daar buite soveel en dit sonder dat julle eers die omvang van die impak wat julle maak, besef!
Net weereens baie dankie vir julle goeie werk vir Sy Koninkryk!
Groete/Greetings,
LikeLike
Hi Cristelle,
Baie dankie vir die terugvoer, ons weet nie altyd of dit wat ons deel gebruik word en ‘n impak maak nie. Terugvoer soos die gee ons sommer nuwe ywer om verder te werk en te deel.
LikeLike