Personeelkamer Opening: 41. Hoop en COVID

41. groot

Hierdie is ons een en veertigste Personeelkamer Opening.

Hoop en COVID

Wanneer ons die woord COVID hoor dan wek dit baie emosies by meeste van ons op, meestal negatief. Daar is egter baie wat ons geestelik rondom die COVID veiligheids- maatreëls kan leer.

Dit kan ons hoop gee in ‘n tyd waarin dinge nie altyd maklik is nie.

1. Hande was

Een van die belangrikste COVID reëls is dat ons gereeld ons hande moet was. Die slim mense sê mos as jy twee keer “Happy Birthday gesing het, dan het jy lank genoeg jou hande gewas.

Vir ons as gelowiges is dit belangrik om skoon voor God te staan, daarom moet ons ons hande gereeld in gebed saamvoeg en vir God vra om ons skoon te was.

2. Saniteer jou hande

Wie van julle se hande is al skurf, en party stukkend van al die saniteer? Hoe voel dit wanneer jy ‘n stukkende plek op jou hande het, en daar kom van die saniteerder in? Dit brand! Al is dit onaangenaam om jou hande heeltyd te saniteerder, beskerm dit jou hande teen die virus.

So moet ons ook ons sondes gereeld saniteer deur dit onomwonde voor Jesus se voete te plaas. Bely jou sonde teenoor jou naaste en teenoor God. Vra God om jou totaal en al skoon te was. Maak vrede met almal vir wie jy kwaad is en reinig jouself van kwaad en haat.

Ons lees in Jesaja 1:18 dat God ons uitnooi om na Hom toe te kom, SODAT Hy ons skoon kan was van ons sondes.

Jakobus 5:16 “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”

3. Sosiale Afstand

Sosiale afstand is ons volgende belangrike COVID voorkomingsmaatreël, en baie belangrik vir ons as gelowiges. Wanneer God ons skoon gewas het van ons sondes, beteken dit niks as ons weer dieselfde goed doen waarvan Hy ons skoongewas het nie.

Ons moet wegstaan van sonde en dit wat ons weer vuil kan maak, behou ‘n aansienlike afstand van sonde.

As drank jou probleem is, vermy drankwinkels en kroeë. As jou swakplek vroue of mans is, konsentreer op jou eie geliefdes en spandeer daardie kosbare tyd aan hulle. As dit pornografie is, vermy die internet en neem eerder ‘n geestelike boek en lees. As dit jou humeur is, draai om en loop weg.

2 Timoteus 2: 21-22 “As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy ‘n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens. Vermy die begeertes wat ‘n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit ‘n rein hart die Here aanroep.”

4. Dra jou masker

Ons almal kyk elke dag  in al die borde vas wat ons waarsku om ons maskers te dra. Ons mag nie by die skool inkom, of by ‘n winkel as ons nie ons masker aan het nie. Die masker wat ons almal so benoud laat voel beskerm ons teen die inaseming van die COVID virus.

Ons kan sê die masker herinner ons daaraan om te dink voordat ons praat van iemand anders – skinder, of voordat ons wil lelik praat. Dra jou geestelike masker en vermy jou mond van lelik praat en skinder!

Jakobus 4: 11 “Moenie van mekaar kwaad praat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.”

Afsluiting:

Kom ons gaan dink bietjie oor dit wat ons vandag gehoor het, en gaan pas dit geestelik in ons eie lewens toe. Op hierdie manier kan dit vir elkeen van ons hoop bring in ‘n baie moeilike, donker tyd.

Krediet aan Jacques Barnard van Positiewe Gedages Facebook groep vir sy toestemming om sy teks te gebruik.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

41. PERSONEELKAMER OPENING – 41. Hoop en COVID

Hier is ‘n pragtige gebed wat op WhatsApp die rondte doen wat jy saam met hierdie personeelkamer opening kan gebruik. Indien jy die tyd en hulpbronne het kan jy dit selfs vir elkeen uitprint en gee, ons het dit ook in boekmerk formaat vir julle gedoen.

41. Gebed as ek my masker opsit

41. Gebed as ek my masker opsit – Boekmerk

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s