Seksuele Molestering: Gratis boek

gratis boek - groot

Gratis Afrikaanse hulpbronne en materiaal oor die onderwerp van seksuele molestering op die internet is letterlik soos die ou gesegde sê: “so skaars soos hoendertande”.  Deur die genade kom mens darem elke nou en dan op ‘n hulpbron af wat ons, met die van julle wat soos ons sukkel om hulpbronne in die hande te kry, kan deel. Die gratis boek: Drie hoera’s vir Denver is een van hierdie hulpbronne.

Drie hoera’s vir Denver

“Drie hoera’s vir Denver vertel die aangrypende verhaal van ‘n seuntjie met die naam Denver wat baie mooi kan sing, maar begin hakkel nadat sy ma se kêrel by hulle kom bly. Die storie wys op ‘n deernisvolle manier hoe dinge uiteindelik beter word nadat Denver die moed bymekaarskraap  om sy ma en sy sangjuffrou te vertel dat dinge nie reg is by die huis nie.

’n Sensitiewe verhaal wat kinders leer om nie stil te bly of skuldig te voel oor mishandeling nie. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers.

Die boek kan gratis in Afrikaans by die volgende skakel afgelaai word:

https://lapa.co.za/downloadable/download/link/id/MC4wMjI5NDAwMCAxNTg4MjM1MDg0MjQ5MTIzNjc0MDE5ODg%2C/

Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor seksuele molestering:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/seksuele-molestering/

Leave a comment