Hierdie is ons vyfde les in die mini-reeks oor drome en visioene.
God se Geheime Boodskappe 5:
Hierdie lesse is so geskryf dat ouers dit self met hulle kinders tydens huisgodsdiens kan doen. Vir elke les is daar ‘n aktiwiteit soos ‘n ysbreker, om saam as gesin te doen voordat julle die les doen.
Voordat julle by die drome uitkom is daar ook ‘n paar vragies oor die persoon wat die droom gehad het, om seker te maak die kinders weet wie dit is wat die droom gehad het.
Elke droom is ook in ‘n ander formaat geskryf, ‘n geheime kodes, omdat drome van God soos geheime boodskappe is.
In die vyfde les kyk ons na die drome wat God vir Josef, Jesus se aardse pa gegee het.
Laai die vyfde ‘les’ in hierdie mini-reeks oor drome en visioene hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die vorige lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/drome-god-se-geheime-boodskappe/