Ons volgende Bybelvasvra kategorie is Het jy geweet?
Het jy geweet?
Soos ek deur die Bybel werk kom ek op die interessanste dinge af wat ek nie geweet het nie. Dan besef ek elke keer maar net weer watter groot skat die Bybel is, en dat ons nooit al die skatte sal kan ontdek nie. Ek wil egter graag vandag van die interessante dinge met julle deel waarop ek afgekom het.
Om die vasvra so bietjie interessanter te maak het ek prentjies bygesit. Die idee is dat die spanne beurte maak om prentjies te trek. Die prentjie wat hulle trek is dan waaroor die vrae handel wat jy vir die span sal vra.
Hierdie is ‘n lekker manier om huisgodsdiens, sel of Sondagskool te doen. Ek waarborg dat elkeen met iets (hopelik met meer as een) daar sal uitstap wat hulle NIE geweet het nie!
Kom ons maak weer die Bybel die opwindende, interessante boek wat dit is, om te lees. Vir onsself, maar ook vir ons kinders!
Laai die Bybelvasvra: Het jy geweet, hieronder in PDF formaat af:
Bybelvasvra – Het jy geweet – Prentjies
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybelvasvra idees: