Hierdie is ons drie en vyftigste Kort Boodskap, Saalopening idee.
Vrede
Simbole vir vrede:
Ons gaan vandag bietjie oor die onderwerp “Vrede” praat. Nou hierdie is OMTRENT ‘n groot en wye onderwerp waaroor ons beslis baie lank sal kan praat, maar voordat ons daarby kom, kom ons kyk gou na ‘n paar simbole wat die wêreld gebruik vir vrede: (PowerPoint)
Inleiding:
Hier is so paar intressante feite rondom vrede.
- Baie mense soek vrede in die wêreld. Dit beteken die einde van konflik, geweld, oorlog ens.
- Ander soek weer vrede MET hulleself – om hulleself te vergewe vir goed wat hulle gedoen het, of vrede te maak met wie of wat hulle is.
- Ander soek vrede IN hulleself. Dit beteken om rustig en kalm te wees, sonder angstigheid, stres, depressie ens.
- Daar is tot ‘n Internasional dag van vrede. Dit beteken ‘n dag wat oor die hele wêreld gevier word om die wêreld daaraan te herinner dat almal regte het, en dat geweld moet ophou.
- Die belangrikste vrede is egter vrede met God, want SONDER vrede met God gaan mens nie regtig WARE vrede op enige van die ander plekke kry nie.
Vrede:
Ons lewe in ‘n baie moeilike tyd. Ons almal het vrese en bekommernisse wat ons wakker hou in die aand. Jy loop die heeldag met die naar gevoel op jou maag en weet nie hoe om daarvan ontslae te raak nie. Dit steel ons vrede.
As kinders van God is dit nie hoe Hy wil hê ons moet leef nie.
Ons lees in Filippense 4:6-7 – Moet oor niks besorg wees nie [moenie worry nie], maar maak in alles julle begeertes [dit wat julle pla], deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. [m.a.w. gaan na God , praat met Hom en vertel Hom presies hoe jy voel dit wat jou bang maak en jou laat stress]. En die VREDE van God sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Illustrasie:
- Hou ‘n witbord of papiertjies gereed waarop jy die kinders se antwoorde kan neerskryf.
- Vra die kinders om vir jou goed op te noem wat hulle laat vrees / bekommerd of stres oor. Skryf dit op die witbord of papiertjies neer.
- Koop ‘n blikkie koeldrank – en soos die kinders die goed opnoem skud jy die blikkie koeldrank.
Verduidelik:
Ons lewens is soos die blikkie koeldrank. Elke keer wat julle gesê het wat julle bang maak, laat stress of worry het ek die blikkie geskud.
Wat gebeur as ek die blikkie nou gaan oopmaak? Die koeldrank gaan uit die blikkie spuit , nie waar nie? Ons het opgehoopde vrese, stres en bekommernisse wat ons wil laat bars van binne.
God sê egter in Sy woord dat ons ons bekommernisse na Hom toe moet bring.
So elke ding wat ek neergeskryf het gaan ek vir Jesus gee en dan gaan ek elke keer teen die blikkie kap. Dan gaan ek die blikkie oopmaak. (oefen hierdie voor die tyd by die huis om seker te maak dit werk).
Samevatting:
Die vraag vandag is GLO jy regtig dat God weet wat Hy doen. Want die meeste van ons vrese en bekommernisse wat ons in ons binneste laat opbou is omdat ons nie meer GLO dat God in beheer van ons situasies is nie.
Ons GLO nie meer God is lief vir ons en wil net die beste vir ons hê nie. Vandag sê God eerstens vir jou Hy sien jou raak en Hy weet waardeur jy gaan en Hy is baie lief vir jou. Hy vra jou om al jou vrese/bekommernisse in gebed na Hom te bring en by Hom te los. Dan gaan Hy die Heilige Gees stuur [raak jou lewe aan soos ek teen die blikkie getik het] om jou blywende VREDE in jou binneste te gee.
Die van julle wat ‘n pad saam met God stap sal weet van die vrugte van die Gees wat ons in Galasieërs 5:22-23 kry. Vrede is een van die nege vrugte van die Gees en baie belangrik vir God.
Hierdie vrug van vrede soos God dit bedoel het, kan ons NET kry wanneer ons kinders van God is met die hulp van die Heilige Gees wat ons kry wanneer ons kinders van God word.
Laai die Saalopening les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees: