Saalopening 54: Goedheid

54. groot

Hierdie is ons vier en vyftigste Saalopening, kort boodskap idee.

Goedheid of goedhartigheid is een van die 9 Gawes van die Heilige Gees. Hierdie vrug se naam is ‘goodness’ in die Engelse vertalings, maar het van die 1933 vertaling waar dit goedheid is, in die 1983 vertaling verander na goedhartigheid. Hierdie is twee verskillende eienskappe / vrugte.

Indien jy die hierdie les as deel van die Vrugte van die Gees aanbied, sal ons jou aanraai om by ‘goedheid’ te bly, want dis die skrifgetroue vertaling en nie goedhartigheid nie. Indien jy hierdie les as karakterbou of waardes wil gebruik kan jy dan goedhartigheid gebruik.

Goedheid:

Ysbreker: Thumbs up, thumbs down…

Verduidelik vir die kinders dat jy ‘n klomp goed gaan opnoem en hulle moet kies wat vir hulle goed of sleg is deur hulle duim op of af te wys. Daar is geen regte of verkeerde antwoorde nie. (Indien jy kans sien kan jy hulle selfs laat skree booo of yes, saam met die wys van die duime). Hieronder is ‘n paar voorbeelde wat jy kan gebruik:

Groente; Harry Potter; Stars wars; Springbokke; All Blacks; WP; Bulle; chocolates; Wiskunde; Engels; huiswerk; sakgeld; werk; woede; boelies; vis; chips ens.

Goedheid:

Ek het nou ‘n klomp goed opgenoem waarvan julle moes kies of dit vir JULLE goed of sleg is. Wanneer ons die woord “goed” gebruik, bedoel ons dat ons van iets of iemand hou, of dat hulle goed is, of iets goed gedoen het.

Voordat ek verder gaan moet ek eers die vraag vra: hoekom praat ons vandag oor wat vir julle goed is?

In Gal 5:22-23 kry ons ‘n lys van goed wat opgenoem word wat die Vrugte van die Gees genoem word. Dit beteken dat wanneer ek ‘n kind van God is, God wil hê dat ek hierdie vrugte / eienskappe in my lewe moet hê. Dis nie maklik nie, maar dit word die Vrugte van die Gees genoem omdat die Heilige Gees my daarmee help.

Een van die vrugte in hierdie lysie is……….. goedheid.

Daar is ‘n baie intressante teksvers in die Bybel wat praat oor goedheid, kom ek lees dit gou vir julle.

Mark 10:17-18 “En toe Hy op die pad uitgaan, hardlop daar een na Hom toe en val voor Hom op die knieë, en vra Hom: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God.”

Wanneer die Bybel van “goed” praat, is dit BAIE groter as net dit waarvan ons hou.

As ons na hierdie teksvers kyk, dan is die beste manier om te weet wat goed is, en goedheid, is om na die lewe van Jesus te gaan kyk, want Jesus is God se Seun, maar Hy was ook mens terwyl Hy op aarde was.

Ons moet gaan kyk WAT het Jesus gedoen, HOE het Hy dit gedoen. Ons sal natuurlik NOOIT soos Jesus KAN wees nie, maar ons as kinders van God is veronderstel om te probeer, want God soek die vrug goedheid by Sy kinders. Hierdie is die Vrug van die Heilige Gees, wat beteken ons hoef dit nie alleen te doen nie, ons het hulp van God self om dit te doen.

‘n Paar gedagtes oor Jesus:

Kom ons kyk gou vinnig na ‘n paar van die belangrike goed wat Jesus gedoen of gesê het.

  1. Ons moet God die liefste van almal op aarde hê, en dan al die ander mense om ons – ook die wat dit nie maklik maak om lief te hê nie.
  2. Jesus het NET gedoen wat God gesê het Hy om doen, so God se wil was vir Jesus die belangrikste gewees.
  3. Jesus het goed gedoen aan ALMAL om Hom, ook aan die mense wat lelik was met Hom.
  4. Jesus is lief vir mense, en het julle jammer gekry en gehelp, sonder om iets terug te verwag, of om iets daaruit te kry.
  5. Jesus het altyd die regte ding gedoen, al was dit moeilik, al het niemand anders dit gesien nie, en al was Hy die enigste Een wat dit gedoen het.

Wanneer ons God se kinders is, dan is die Heilige Gees in ons, en dan behoort ons lief te wees vir dit waarvoor God lief is, en goed te doen vir mense wat Hy in ons lewens geplaas het.

Nou hoe nou?

Kom ons maak dit maklik met drie vrae.

Vraag 1: Hoe kan EK goedheid in my lewe wys?

Die Bybel is die beste plek om te gaan kyk wat God wil hê Sy kinders moet doen, en hoe Hy wil hê dat ons moet optree. Die vrugte van die Gees is eintlik ‘n belangrike leidraad vir ons. Gaan kyk bietjie wat sê Gal 5:22 en dan pas jy dit toe teenoor die mense om jou, die mense in jou lewe.

Hier is die 9 Vrugte van die Gees: Liefde, vreugde, vrede, geduld, selfbeheersing, goedheid, getrouheid, nederigheid en vriendelikheid/gaaf

Vraag 2: Hoe kan EK goed aan ander doen?

Daar is elke dag geleenthede om goed te doen, maar jy moet wakker wees. Hierdie video clip is so mooi voorbeeld daarvan.

YouTube video clip: https://youtu.be/cwSNflwdHGA

Vraag 3: Hoe kan EK hou van dit wat vir God goed is?

Deur my Bybel te lees, leer ek ken wat vir God goed is. Hoe meer ek my Bybel lees, en God beter leer ken, hoe meer raak my gedagtes DAARVAN vol en nie van die sleg en negatief om my nie.

Dit waarmee ek my gedagtes besig hou raak dit wat ek doen – goed of sleg.

As ek my gedagtes met goeie goed besig hou soos God se Woord en dit wat vir Hom belangrik is, en wat Hy van my wil hê, sal ek goeie goed doen, as ek my gedagtes met slegte goed besig hou sal ek slegte goed begin doen.

Afsluiting:

Goedheid is een van die 9 Vrugte van die Gees. Dit beteken dat as ek sê ek ‘n kind van God is, ander mense dit moet kan sien in die manier hoe ek leef, die vrugte wat ek dra.

As ek ‘n kind van God is, dan is dit wat vir God belangrik is, en goed is, belangriker as dit wat EK wil doen, of wat vir my belangrik is. Dis die vrug van goedheid wat ek dan dra.

Ons moet seker maak dat ons dit doen wat God sê goed is, en vir HOM belangrik is, want Hy het ons gemaak en ons is syne!

Laai die Saalopening Goedheid hieronder in PDF formaat af:

54. Saalopening – Goedheid

Laai die Saalopening Goedhartigheid hieronder in PDF formaat af:

57. Saalopening – Goedhartigheid

Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s