Hierdie is ons vyf en vyftigste Saalopening, kort boodskap idee.
Hierdie is ‘n inleidings les om die kinders bekend te stel aan die vrugte van die Gees in die algemeen, wat dit is, en hoekom dit belangrik is.
Vrugte van die Gees:
Inleiding
In die Bybel lees ons baie van bome en van vrugte. Ons as christene word met bome vergelyk, en hoe ons leef met vrugte.
Ons lees in Luk 6:44-45: 44.Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk
‘n mens mos nie vye nie, en van doringbos oes jy ook nie druiwe nie. 45.Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Bome en Vrugte:
Kyk gou of julle die volgende bome kan identifiseer: PPT
Hoe het julle geweet watter soort bome dit is? Deur na hulle VRUGTE te kyk, beslis NIE na hulle blare nie!
Soos die bome se vrugte vir ons sê watter soort bome dit is, so sê ons vrugte (hoe ons optree en leef) vir ander mense watter soort boom ons is (goed of sleg / aan wie ons lewens behoort)
Tensy mense daarmee peuter deur eksperimente, kry jy piesangs aan ‘n peerboom of suurlemoene aan ‘n appelboom? NEE!! As jy ‘n boom goed versorg, genoeg water gee en regtig mooi na dit kyk, gaan die boom vir jou vrot vrugte gee? NEE!!
Ons lees in Matt 7:17-18: 17. Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18.’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie.
Vrugte van die Gees
In Gal 5 lees ons van twee soorte vrugte. Die vrugte van die vlees (wanneer my hart nie aan Jesus behoort nie) en die vrugte van die Gees (wanneer my hart aan Jesus behoort).
M.a.w. ons kan nie met die mond sê ons lewe behoort aan Jesus, maar alles wat ons doen en hoe ons leef wys die teenoorgestelde nie. As ons harte aan Jesus behoort dan sal ons lewens dit wys.
Ons lees in Luk 3:8: Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Watter vrugte is dit? Die vrugte van die Gees. Ons lees in Gal 5:22: Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Is dit maklik? NEE! Doen ons dit alleen? NEE! Nou wie help my daarmee? Die Heilige Gees!
Ons gaan gou vinnig na elke vrug kyk, en wat dit PRAKTIES beteken – gebruik die PPT hiervoor.
Afsluiting:
So, as ons sê dat ons kinders van Jesus is, dan moet wat ons sê en wat ons doen dieselfde wees, anders maak ons Jesus se naam sleg by die wêreld. Het jy al gehoor dat mense sê hulle hou van Jesus, maar NIE van Sy kinders nie?
Hoekom dink julle hulle sê so? Omdat mense wat hulleself Christene, of kinders van Jesus noem nie leef soos kinders van Jesus nie, hulle vrugte pas nie by hulle bome nie!
Laai die Saalopening oor die Vrugte van die Gees hieronder in PDF formaat af:
55. Saalopening – Vrugte van die Gees
55. Vrugte van die Gees – Bome PPT
Al die Vrugte:
Ons het die afgelope ruk baie gefokus op Saalopening lesse oor die Vrugte van die Gees. Ons wil hulle graag almal in een post aan julle beskikbaar stel in geval julle van hulle êrens gemis het.
Liefde:
Vreugde:
49. Saalopening – Vreugde – Hoërskool
49. Saalopening – Vreugde – Laerskool
49. Saalopening – Vreugde – Aanhegsel – Emojis
Vrede:
Geduld:
Selfbeheersing:
51. Saalopening – Selfbeheersing – Geestelik (1)
51. Saalopening – Selfbeheersing – Nie – Geestelik
Vriendelikheid:
43. Saalopening – Vriendelikheid – Kindness
Goedheid / Goedhartigheid:
Goedheid of goedhartigheid is een van die 9 Gawes van die Heilige Gees. Hierdie vrug se naam is ‘goodness’ in die Engelse vertalings, maar het van die 1933 vertaling waar dit goedheid is, in die 1983 vertaling verander na goedhartigheid. Hierdie is twee verskillende eienskappe / vrugte.
Indien jy die hierdie les as deel van die Vrugte van die Gees aanbied, sal ons jou aanraai om by ‘goedheid’ te bly, want dis die skrifgetroue vertaling en nie goedhartigheid nie. Indien jy hierdie les as karakterbou of waardes wil gebruik kan jy dan goedhartigheid gebruik.
Getrouheid:
Nederigheid:
29. Saalopening – Nederigheiddocx
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/