Leier Toerusting 2: Jeugleier Werkswinkel

Ons probeer om ons Jeugleiers ten minste een keer per jaar bymekaar te kry vir ‘n Toerusting-sessie. Ons sessie van verlede jaar is by die volgende skakel beskikbaar

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/03/22/jeugleier-werkswinkel/

Hierdie jaar se werkswinkel was baie meer prakties van aarde waar ons die leiers kans gegee het om bietjie evaluering en ‘voorraad-opname’ te doen. Daarna het ons deur die riglyne van die uitwerk van lesse met hulle gewerk, en hulle toe in groepe verdeel met ‘rou-materiaal’ en hulle gehelp om self lesse uit te werk. Dit was ‘n baie waardevolle sessie gewees, want nou het ons ‘n hele paar ekstra hande wat help om die las bietjie ligter te maak.

As jy opsoek is na ‘n paar oulike jeugleier toerusting idees volg gerus die skakels hieronder na DinkJeug se materiaal.

1. KATEGETE TOERUSTING: Verskillende “Tipes” kinders

kinders

Hierdie sessie kyk na die verskillende ‘tipes’ kinders in jou groep, hoe jy verhoudings met hulle bou en hoe jy elke ‘tipe’ die beste kan bereik. Daarna kry die kategeet ook die geleentheid om te kyk hoe hy of sy die verskillende kinders hanteer. Volg die skakel hieronder vir die volledige sessie.

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/06/27/kategete-toerusting/

2. GERAT OM JONGMENSE TE BEGELEI: Issues en Groeipyne

ISSUES:

issues

Die volgende gesprekspunte word tydens die ‘issues’ sessie hanteer:

  1. Watter probleme of issues het die jongmense van vandag?
  2. Hoe sou jy wou hê kan die kerk se mense jou help met jou issues?
  3. Hoe belangrik is vertroulikheid?
  4. Oor watter tipe probleme kan ek nie stilbly nie? Hoe hanteer ek dit?
  5. Hoe het iemand jou al gehelp met jou issues? Vertel jou storie.

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/01/11/gerat-om-jong-mense-te-begelei-issues/

GROEIPYNE:

groeiepyne

Die volgende gesprekspunte word tydens die ‘groeipyne’ sessie hanteer:

  1. Hoe verskil ‘n graad 1 tot 3 kind van ‘n grad 4 tot 6 kind?
  2. Wat wil ‘n laerskool in die klas doen en wat wil hulle nie doen nie?
  3. Kan ‘n graad 2 seun abstrakte konsepte bespreek?
  4. Wat verander om en by die ouderdom van 13?
  5. Hoe ver is ‘n tiener se kognitiewe ontwikkeling?
  6. Is dit normaal vir ‘n tiener om te rebelleer en vrae te vra? Doen alle tieners dit?

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/01/11/gerat-om-jongmense-te-begelei-groeipyne/

Gerat om jongmense te begelei: Issues en groeipyne is te koop teen R175 met ‘n DVD en CD. Jy kan dit bestel by  http://eshop.bybelmedia.org.za/product/gerat-om-jongmense-te-begelei/

3. GELOOFSVORMING: Hoe lyk geloofsvorming in julle Jeugbediening?

Geloofsvorming 2

Hierdie sessie gee leierskap die geleentheid om in diepte te gaan kyk hoe hulle jeugbediening se geloofvorming lyk na aandleiding van 100 vrae wat gratis in pdf formaat by die skakel hieronder afgelaai kan word.

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/03/08/hoe-lyk-geloofsvorming-in-jul-jeugbediening/

4. Verskillende Spiritualiteite en Kreatiwiteit

kreatiwiteit

Volg die skakel hieronder vir ‘n raamwerk in PowerPoint vir die aanbieding oor die 4 verskillende spiritualiteit tipes en hoe om plek te maak vir alle mense in die gemeente. Hierdie kan gebruik word om na te dink oor hoe om deur middel van kreatiwiteit ruimte te skep vir geloofsvorming.

http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/09/06/verskillende-spiritualiteite-en-kreatiwiteit/

Volg die skakel hieronder na ons ander Leier Toerusting Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/leier-toerusting/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s