Paasfees Skattejag 1

paasfes skattejag 1 - groot

Hierdie is ons eerste Paasfees Skattejag post, daar is nog drie ander Paasfees Skattejag posts op die blog. Volg die skakels aan die onderkant van die post na die ander twee posts.

Hierdie is ‘n baie besonderse tyd van die jaar, maar ook ‘n tyd waarin Paasfees baie keer sy waarde verloor agter die wêreld se dinge aan. Ons kan maklik ons fokus verloor en die ware betekenis van Paasfees heeltemal mis. Gee hierdie jaar betekenis aan Paasfees vir jou en jou familie, deur te fokus op Jesus se kruisiging en opstanding en nie op die paaseiers en die paashaas nie.

Ons as ouers het die geleentheid om ons kinders Christelike beginsels te leer tydens die Paasseisoen deur aktiwiteite te kies wat hulle leer verstaan wat die doel van Jesus se kruisiging en opstanding is. ‘n Paasfees skattejag, sonder paaseiers en die paashaas is ‘n pret manier om hulle presies dit te leer.

Begin die Paasfees skattejag deur die lees van die Paasverhaal. Jy kan dit hieronder in word  formaat aflaai:

Die verhaal van Paasfees

Die Verhaal van Paasfees – Eenvoudig

Skattejag 1:

Vir hierdie skattejag lees jy Bybelversies vir jou kinders rondom die kruisiging en opstanding van Jesus. Hulle moet dan items in die huis of buite gaan soek wat pas by die leidrade. Daar is geen voorbereiding nodig nie, behalwe vir die print van die leidrade.

Om die avontuur te begin, gryp jou kamera, Bybel en die geprinte lys van die Paasfees skattejag.

Lees die leidrade en die Bybelverse, en soos jy die raaisels ontsyfer merk jy dit op jou lys af. Om so ekstra twist te gee, neem ‘n foto van elke item wat julle vind of laat jou kinders ‘n prentjie van die antwoord teken.

Maak dit ekstra spesiaal vir jou kinders en nooi vriende wat dieselfde waardes as julle het om die skattejag saam met julle te doen. Kyk dan wie is eerste klaar!

Laai die skattejag hieronder in PDF formaat af:

Paasfees Skattejag 1

Skattejag 2:

Hierdie skattejag is ideaal om buite te doen, en het geen voorbereiding nodig nie. Print die skattejag uit, en soos julle die items vind, merk julle dit in die sonnetjie af, vertel vir jou kinders watter spesiale betekenis elkeen rondom die verhaal van Paasfees het.

Laai die skattejag hieronder in PDF formaat af:

Paasfees skattejag 2

Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees Skattejagte:

https://algoagemeenskapskerk.com/2019/04/16/paasfees-skattejag-2/

https://algoagemeenskapskerk.com/2021/03/16/paasfees-skattejag-3/

Volg die skakel hieronder vir ons Paasfees hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/paasfees/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s