Saalopenings bly maar ‘n konstante kopseer en stres vir onderwysers, en nog iets by die klaar hoop werk waardeur mens reeds nie kom nie.
Om dit vir onderwysers makliker te maak, het ons ‘n hele paar jaar terug begin om Saalopenings, na verskeie navraag, te skryf vir die Blog. Indien jy nog nie na ons saalopenings gekyk het nie, gaan loer gerus by die skakel hieronder na ons groot verskeidenheid. ALLES is Afrikaans en gratis aflaaibare van ons Blog.
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/
Ons probeer dit aanvul soos wat ons versoeke van onderwysers kry, of op inspirerende matriaal afkom. Ons kry egter gereeld navraag van onderwysers wat by Engelse skole werk na Engelse Saalopenings, wat ons ongelukkig nie het nie. In my verveeldheid het ek nou die dag bietjie op die internet gaan rondkrap en op ‘n paar oulike webtuistes afgekom met Engelse materiaal. Van dit is regtig so oulik, en kan selfs maklik na Afrikaans vertaal word indien jy iets soek wat ons nog nie het nie. Ek deel graag die skakels na die webtuistes met julle:
Skakels:
https://www.assemblies.org.uk/index.php
https://www.downley.bucks.sch.uk/page/?title=Values+Assemblies&pid=64
https://www.hinckleyparksprimaryschool.uk/school-values/values-assemblies
Ons het ook, na verskeie navrae, met ‘n afdeling vir Personeelkamer Openings begin. Dit bestaan uit inspirerende stories, en boodskappe op Facebook en ander sosiale platvorms, waarvoor ons toestemming by die skrywers gekry het. Indien jy oor ‘n naweek besef dat jy Maandag Personeelkamer Opening moet doen, en met jou hande in jou hare sit oor iets om te lees, gaan loer gerus na ons groot verskeidenheid materiaal by die skakel hieronder: ALLES is Afrikaans en gratis aflaaibare van ons Blog.
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/