Ons probeer om ons ouers by EPIC Jeug te betrek deur twee keer per jaar ‘n Bybelse Familie Funaand te hou. Hierdie is ons eerste Bybelse Familie Funaand van die jaar.
Bybelse Familie Funaand 4
Alles wat ons tydens hierdie Funaand doen draai rondom die Ou Testament. Op hierdie manier maak ons die kinders (en dalk ook die ouers) nuuskierig om na die tyd in hulle Bybels te gaan rondkrap.
OPWARMING: Would You Rather: Vir hierdie speletjie het ons die projektor gebruik, daar kom elke keer twee senario’s op waarvan jy dan een moet kies.
Opwarming – Ou Testament – Would you rather – PPT
SPELETJIE 1: Boeke van die Ou Testament Woordskommel: Vir hierdie speletjie het ons tien boeke van die Ou Testament gevat en hulle deurmekaar geskommel (elke boek apart), die kinders moes dan probeer ‘uitfigure’ watter boeke dit is.
Speletjie 1 – Ou Testament Woordskommel – Word
SPELETJIE 2: Ou Testament Emoji’s: Ons het weerens die projektor hiervoor gebruik, jy kan dit egter uitprint as dit beter by jou omstandighede pas. Daar is 21 Bybelverhale of Karakters wat d.m.v. emoji’s leidrade gee na die verhaal of karakter.
Speletjie 2 – Ou Testament Emoji PPT
SPELETJIE 3: Ou Testament Naam Speletjie: Vir hierdie speletjie het ons eers die name van 4 Ou Testament Karakters met ‘n klompie leidrade vir die kinders gegee. Hulle moes dan besluit watter leidraad pas by watter karakter, daarna het ons ‘n speletjie by elke karakter gespeel:
Elia: Elke groep kry ‘n sak met boksies en hulle moet kyk hoe vinnig hulle ‘n altaar daaruit kan bou
Samuel: Ons speel telefoontjie, want Samuel moes mooi luister
Abraham: Elke groep kry ‘n aartappel en strooitjie en die kinders moet kyk of hulle almal die strooitjie deur die aartappel kan druk – Abraham was die man van die onmoontlike
Nehemia: Elke groep kry ‘n sak met Lego blokkies en hulle moet kyk hoe vinnig hulle ‘n muur daaruit kan bou.
Speletjie 3 – Ou Testament Naam Speletjie 2
Speletjie 3 – Ou Testament Naam Speletjie PPT
Speletjie 3 – Ou Testament Naam Speletjie – Antwoorde
SPELETJIE 4: Ou Testament – Hidden Picture: Hidden Pictures is een van ons kinders se gunsteling aktiwiteite (kleint EN groot). Ons het die prentjie van wat Jakob wat lê en slaap met die droom van die engele gebuik.
Speletjie 4 – Hidden Picture – Jakob se droom
SPELETJIE 5: Ou Testament – Brain Teasers: Ons het onlangs ‘n klomp nuwe Afrikaanse Bybelse Brain Teasers ontwerp en vir hierdie speletjie so agt van die Ou Testament vir die kinders uitgekies om te speel.
Speletjie 5 – Ou Testament Brain Teasers
Speletjie 5 – Ou Testament Brain Teasers – antwoorde
Laai al die Les hieronder in WORD formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Funaande:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/funaande/